Die beste voorbereiding vir kwartaal 4 is kinders wat uitgerus terugkom

Die beste voorbereiding vir kwartaal 4 is kinders wat uitgerus terugkom

Die kort vakansie voor kwartaal vier bied vir kinders die geleentheid om ná ’n besige kwartaal te rus, tyd saam met familie te geniet en met behulp van platforms soos Wolkskool voorbereid terug skool toe te keer.

12 dae is kort, maar laat dit soos vakansie voel

Ná drie kwartale van vroeg opstaan, huiswerk, take, toetse en buitemuurse aktiwiteite het kinders ’n blaaskans nodig.

Met net 12 dae se vakansie hoef elke dag nie gevul te word met hersiening en voorbereiding vir die volgende kwartaal nie.

Rus is nie tydvermorsing nie. Dit gee kinders die geleentheid om uit hul gewone roetine te tree, genoeg te slaap, te speel en tyd te bestee aan dinge waarvoor daar gedurende die skoolkwartaal minder tyd is.

Dit beteken ook nie dat elke minuut met aktiwiteite gevul hoef te word nie.

’n Stadiger oggend, ’n dag sonder ’n vaste program of selfs ’n bietjie verveling kan presies wees wat ’n besige skoolbrein nodig het.

Kwartaal 4 bring weer nuwe werk, assesserings en uiteindelik die afsluiting van die skooljaar.

’n Kind wat kans gehad het om behoorlik af te skakel, kan met nuwe energie en ’n vars ingesteldheid terugkeer.

Soms is die produktiefste ding wat ’n kind gedurende ’n kort vakansie kan doen, eenvoudig om te rus.

Kom uitgerus terug!

Pak kwartaal 4 met Wolkskool se ondersteuning aan by wolkskool.co.za

Leer gebeur ook wanneer die skoolboeke toe is

Vakansie beteken dalk ’n breek van formele skoolwerk, maar dit beteken nie kinders hou op leer nie.

Sommige van die waardevolste leerervarings gebeur juis weg van ’n lessenaar af.

Hierdie kort vakansie is ’n lekker geleentheid om tyd saam deur te bring en meer oor ons families, tale, tradisies en gemeenskappe te gesels.

Steek die vuur aan vir ’n lekker braai, deel ’n familiestorie, maak ’n gunstelinggereg saam of vertel jou kind van die tradisies waarmee jy grootgeword het.

Kinders leer deur gesprekke, ervarings, vrae en die wêreld rondom hulle.

’n Resep kan sommer wiskunde insluit, ’n uitstappie kan nuuskierigheid oor geskiedenis of geografie prikkel en ’n storie van ’n ouma of oupa kan ’n stukkie familiegeskiedenis laat voortleef.

Die vakansie hoef dus nie in nog ’n klaskamer te verander om betekenisvol te wees nie.

Geniet die kort breek, kuier saam en maak nuwe herinneringe. Dit is ook deel van leer.

Kom vars en uitgerus terug en bou dan weer verder

Kwartaal 4 is die laaste deel van ’n lang skooljaar.

Wanneer die vakansie verby is, is daar weer genoeg tyd om op skoolwerk, hersiening en die laaste akademiese doelwitte van die jaar te fokus.

’n Uitgeruste leerder is beter gereed om weer ’n roetine te volg en nuwe uitdagings aan te pak.

Wanneer die skool heropen, kan julle rustig kyk waar ondersteuning nodig is.

Dalk is daar ’n konsep uit kwartaal 3 wat nog nie heeltemal vasgelê is nie, of ’n vak waarin jou kind ’n bietjie ekstra oefening nodig het.

Dit is waar Wolkskool as aanvullende leerhulpbron kan help.

Leerders kan videolesse weer kyk, met flitskaarte hersien en assesserings gebruik om hul begrip te toets.

Hulle kan teen hul eie tempo terugkeer na moeilike konsepte en daarop voortbou wanneer hulle gereed is.

Vir nou hoef kwartaal 4 egter nie die vakansie oor te neem nie.

Rus. Kuier. Vier julle erfenis.

Wanneer dit weer tyd is om te leer, is Wolkskool gereed om saam verder te bou.

Kom uitgerus terug en pak kwartaal 4 met Wolkskool se ondersteuning aan by wolkskool.co.za.

Deel die artikel

Méér artikels

September bied die perfekte geleentheid om kennisgapings raak te sien, moeilike konsepte te versterk en, met Wolkskool se hulp, betyds vir die laaste deel van ...

Om antwoorde te memoriseer is nie genoeg vir langtermynsukses nie. Danksy platforms soos Wolkskool, verstaan leerders konsepte beter, bou selfvertroue en pak nuwe uitdagings met ...

Scroll to Top