September is die perfekte tyd vir ’n leeropname

September bied die perfekte geleentheid om kennisgapings raak te sien, moeilike konsepte te versterk en, met Wolkskool se hulp, betyds vir die laaste deel van die jaar voor te berei.

Kyk waar jou kind nou staan in terme van vordering

Teen September het leerders reeds ’n groot deel van die jaar se werk behandel.

Dit maak nou ’n goeie tyd om vir ’n oomblik te kyk wat goed gaan en waar daar nog onsekerheid is.

’n Leeropname (check-in) hoef glad nie ’n ernstige gesprek oor punte te wees nie.

Vra eerder: Watter vak voel vir jou makliker? Waarmee sukkel jy nog? Is daar iets wat jy nooit heeltemal verstaan het nie?

Kyk ook terug na vorige toetse, take en assesserings.

’n Laer punt vertel nie altyd die volle storie nie, maar herhalende foute kan wys dat daar ’n spesifieke konsep is wat nog aandag nodig het.

Die doel is nie om jou kind te kritiseer nie. Dit is om vroeg genoeg raak te sien waar ondersteuning nodig is.

Wanneer ’n kennisgaping nou reeds aangespreek word, is daar nog genoeg tyd om begrip en selfvertroue te bou voordat die laaste deel van die skooljaar aanbreek.

Doen vandag jou kind se leeropname

En versterk moeilike konsepte met Wolkskool by wolkskool.co.za!

Gaan eers terug voordat jy net vorentoe probeer jaag

Skoolwerk bou dikwels voort op konsepte wat reeds behandel is.

As ’n leerder ’n belangrike beginsel vroeër in die jaar nie heeltemal verstaan het nie, kan nuwe werk toenemend ingewikkeld begin voel.

Dit is daarom soms nodig om terug te gaan voordat jy vorentoe beweeg.

Identifiseer een of twee konsepte waarmee jou kind nog sukkel en fokus daarop.

Dit kan ’n wiskundebeginsel, ’n taalreël of ’n moeilike afdeling in ’n ander vak wees.

Wolkskool maak dit maklik om weer na vorige werk terug te keer.

Leerders kan videolesse herkyk, met flitskaarte hersien en assesserings gebruik om te bepaal wat hulle reeds verstaan en waaraan hulle nog moet werk.

Die voordeel is dat hulle teen hul eie tempo kan werk. Soms is een ekstra verduideliking of nog ’n bietjie oefening al wat nodig is vir daardie “Aha!”-oomblik.

Begin nou om die jaar sterker af te sluit

Die versoeking is om te wag totdat die eindeksamen nader kom voordat ernstige hersiening begin.

Maar September bied die geleentheid om dit anders te doen.

Begin klein. Kies elke week ’n paar konsepte om te hersien en maak seker jou kind dit verstaan voordat julle aanbeweeg.

Selfs kort, gereelde hersieningsessies kan help om die hoeveelheid werk, wat later ingehaal moet word, meer hanteerbaar te maak.

Gebruik Wolkskool as aanvullende ondersteuning waar jou kind dit nodig het.

Met leerinhoud wat enige tyd beskikbaar is, kan leerders teruggaan na moeilike werk, hul kennis toets en verder bou op dit wat hulle reeds verstaan.

’n Leeropname in September gaan dus nie net oor waar jou kind nou staan nie.

Dit gaan oor wat julle nou kan doen om die res van die jaar met meer begrip, voorbereiding en selfvertroue aan te pak.

Doen vandag jou kind se leeropname en versterk moeilike konsepte met Wolkskool by wolkskool.co.za.

Deel die artikel

Méér artikels

Die kort vakansie voor kwartaal vier bied vir kinders die geleentheid om ná ’n besige kwartaal te rus, tyd saam met familie te geniet en ...

Om antwoorde te memoriseer is nie genoeg vir langtermynsukses nie. Danksy platforms soos Wolkskool, verstaan leerders konsepte beter, bou selfvertroue en pak nuwe uitdagings met ...

Scroll to Top