’n Tevrede lyf, maar ’n leë hart – Gretha Wiid
- Huwelik MENTOR
- Gretha Wiid
"Mans en vroue se primêre behoeftes verskil. As dit by intimiteit kom, is ’n vrou se behoefte om emosioneel veilig by haar man te voel." sê Gretha Wiid
Baie vroue hunker na aanraking wat nie tot seks lei nie.
In die media val die klem dikwels op wat vroue in die slaapkamer vir hulle mans kan doen. Ons moet kreun en steun, kyk na ons onderklere en uitlokkend wees op die regte tyd. Ons moet ag slaan op gereeldheid, onthou om hulle te begeer, avontuurlustig wees en toelaat dat dinge spontaan gebeur. Laat staan verkramptheid, flenniepajamas, moegheid en hoofpyn.
’n Vrou se grootste seksuele behoefte staan los van die lyf
Vroue se behoeftes is natuurlik ook belangrik, en dit het dikwels ’n goeie balans tussen lief en lus. Hoe meer ’n man sy vrou emosioneel toemaak, hoe makliker word dit vir haar om haarself fisiek oop te maak vir hom.
In my navorsing onder getroude vroue was van hulle grootste behoeftes ten einde seksueel bevredig te kan voel, dinge soos waardering van hulle mans buite die slaapkamer, emosionele konneksie, gehaltetyd, sekslose aanraking en selfs ’n ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
As jou huwelik al ontrouheid moes trotseer, weet jy dis een van die seerste dinge in die lewe. Maar daar is hoop – dis moeilik, ...
Huweliksmaats het stokperdjies nodig. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie. Vind balans tussen jou ...