[Oudio] Maak gesonde keuses en verloor gewig
- Nuwe jy [Oudio]
- An du Plessis, huishoudkundige en dieetkundige
Daar is min twyfel oor die belangrikheid van gesonde en gebalanseerde eetgewoontes vir algemene fisieke gesondheid. Dit beïnvloed immers ook jou geestelike welstand.
Die regte dieet begin met jou inkopielys. Moenie kos met min voedingswaarde en wat hoog in vet is, koop nie.
Kies byvoorbeeld vars helderkleurige groente en vrugte. Kyk altyd na die etikette. Vermy produkte wat hoog in vet (hoër as 10% per 100 g) en laag in vitamiene en minerale is.
Jy kan steeds jou gunstelingkos geniet. Doen dit byvoorbeeld net een maal per maand, of deel dit met iemand. Wees altyd op die uitkyk vir gesonde variasies soos wortelkoek of volgraanmuffins.
Kies, waar moontlik, groente en vrugte byvoorbeeld in die vorm van sosaties of groentestokkies, saam met ’n laekilojoule-doopsous.
Onthou, vet maak vet! Kies gesonde vette soos olywe, avokadopeer, grondboontjiebotter, neute, olyf- of kanola-olie.
Hou altyd porsiegrootte in gedagte. Moet nooit jou bord oorlaai nie. Eet eerder meer gereeld kleiner etes om hongerpyne te stil. Eet veral met aandetes kleiner porsies stysel en vleis, en kos met ’n lae kilojoulewaarde.
Minder kos beteken ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...
Lynette Beer
“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...
Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...