Maak jou besig–wees jou doof vir God?
- Antwoorde op kwelvrae
- Liesel Krause-Wiid, Angela Reed, Almarie du Preez, Karien Basson
Smag jy na meer stiltetyd sodat jy in jou geloof kan groei. Leer hoe jy in jou gejaagde en besige dag tyd kan maak vir dít wat regtig belangrik is.
Maak tyd vir jou verhouding met die Here
Soos ’n aardse ouer smag na ’n mooi verhouding met sy of haar kind, so wil ons hemelse Pa ’n hegte en liefdevolle verhouding met ons hê.
Hy het nêrens heen gegaan nie. Die hemel is nie ver soos ons soms verkeerdelik dink nie. Dit is ons wat soms ons geloof net laat gaan of wegdwaal. Tog het jy elke dag die kans om jou weer ten volle aan jou geloofsroetine toe te wy. Om weer jou volle self oor te gee.
Jy hoef nie “godsdienstig” te wees nie. Jy hoef nie wanneer jy jou geloof prioriteit maak, ’n klomp reëls slaafs na te volg nie. Jy word wel uitgenooi om die Woord en die Een agter die Woord beter te leer ken en lief te hê.
Wanneer jy in so ’n verhouding leef, word jou wil al hoe meer gebuig en verander ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...