Ja, jy kan… Moed hê om risiko’s te neem
- Ja, jy kan!
- Kobus Neethling
Dit was dalk in die verlede moontlik om by punt B uit te kom sonder om risiko’s te neem. Maar in die toekoms sal ons meer kanse moet begin vat, sê KOBUS NEETHLING.
Wees dapper genoeg om onsekerhede aan te durf
Baie van ons bekommernisse oor die toekoms kan verbind word met die verlede. Die dinge wat jy gedoen of gesê het, of nié gedoen of gesê het nie, kan jou ry.
Die spanning wat jy ervaar, het te doen met die gevolge hiervan op jou toekoms.
Jou bekommernisse word gewoonlik veroorsaak deur die onsekerheid oor wat voorlê. Hoe kan jy dapper genoeg wees om hierdie onsekerhede oor die toekoms aan te durf?
Vra jouself hoeveel van die bekommernisse wat jy gehad het oor vandag het toe waar geword. Plaas jou probleem of bekommernis altyd binne ’n groter konteks om te voorkom dat jy die belangrikheid daarvan oordryf.
Dink ’n bietjie hoe vergelyk jou stres met dié van ’n vlugteling in Bosnië of ’n ouer wat by die graf van ’n kind staan.
Onthou, hoe ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý ...