Maak kinders groot vir meer as net sukses
- Dink nuut
- Elsa Groenewald
Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg?
Voorbereiding vir jou kind se plek in die samelewing
Wat ’n wonderlike lewenservaring om ’n ouer genoem te word. Nog meer, wat ’n ontsettende voorreg!
Ek was nog baie jonk toe my eersteling gebore is. Daardie sagte, warm bondeltjie in my arms het beteken dat die Here ’n ontsettende verantwoordelikheid aan my toegeken het. My waardes en oortuigings het terstond verander.
Ek wonder vandag of ons op daardie oomblik besef het watter enorme plig ouerskap op ons skouers plaas?
Dit begin met slapelose nagte, bottels, doeke, medisyne. Sommer baie gou is die peuter-vriendelike huis deurmekaar van die speelgoed en arriveer die kruip-en-teen-die-meubels-opstaanstadium. Dan volg die eerste treetjie en ons is tog te trots op Elsje’tjie wat so goed vorder.
Ons vergeet egter die rol en invloed wat ons reeds in haar ontwikkeling tot hier toe gehad het. Sy het haar handjie na my uitgesteek as sy voel sy wil val. Sy het by pappa skuiling gesoek wanneer sy bang was.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Jy moet aanpas by jou droom, want jou drome gaan verander, het verhoudingskenner LYNETTE BEER tydens die EkwilEkkanEksal-geselligheid vertel. Identifiseer jou droom en jou struikelblokke ...
Lewensafrigter MARLET TROMP verduidelik dat ons verwagtinge kan vervul deur dit te verander in ’n doelwit met ’n definitiewe plan van aksie. ’n Verwagting is ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!