[OUDIO] Vind jou balans en gewigsverlies sal volg
- Nuwe jy [Oudio]
- Bianca van Rensburg, fiksheidsinstrukteur en gesondheidsafrigter
Gewigsverlies vereis ’n balans van verskeie dinge. Dinge wat jy moet beoefen en gewoontes van maak. Ook dinge wat jy moet aanvaar en vrede mee moet maak.
Die meeste vroue is die een of ander tyd ontevrede met hoe hulle liggame lyk. Hulle hou nie van wat die skaal sê, of hoe daardie gunstelingdenim oor hulle boude sit nie. Dit is ’n alewige stryd om die heeltyd gelukkig te wees met hoe jy lyk.
Aanvaar dit net, jy gaan nooit die heeltyd tevrede wees nie. Jou liggaam verander te veel en te gereeld. Party dae het jou lyf net bietjie meer liefde en aandag nodig. Om gewig te verloor, van oormatige vet ontslae te raak en jou spiere te versterk, verg goeie en gesonde balans.
Maak vrede met wie en wat jy is. Vergewe jouself vir alles wat jy dink jy oor die jare moes gedoen het om fiks en gesond te bly. Eers wanneer jy ophou met die verwyte kan jy regtig aan jouself verander, vir die lang termyn, en vir altyd.
Begin beweeg! Jou liggaam gaan net sterk bly oor die jare as jy ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...
Hettie Mills, lewensafrigter en stylkonsultant
Omring jou deur mense wat jou motiveer en die beste in jou na vore bring. Maar moenie soos hulle probeer wees nie. Jy is uniek ...
Ingrid Bell, lewensafrigter en maatskaplike werker
Wraak hou jou vasgevang in donker gedagtes in jou hart. Vergifnis verskoon nie die daad nie. Om te leer om te vergewe, voorkom wel meer ...