Versorg jou tatoeëermerke op die regte manier

Versorg jou tatoeëermerke op die regte manier

Trots op jou nuwe lyfprentjie? ’n Bietjie moeite kan verseker dat jou tatoeëermerk vinnig gesond word en so lank moontlik mooi bly.

Indien jy met ’n nuwe tatoeëermerk spog, is geduld aan die orde van die dag. Die genesingsproses kan, afhangende van die grootte en ontwerp, van ’n week tot ’n paar maande neem.

Wanneer die tatoeëring afgehandel is, hou die area vir twee tot vyf uur toe en was daarna met louwarm water en ’n antibakteriese seep.

Druk dit versigtig droog. Gebruik ’n dun lagie antiseptiese room – iets soos bababoudsalf, Bepathen of Sudocream, om infeksie te help voorkom. Daarna kan jy dit oop los of met gaas bedek. Herhaal die proses in die begin omtrent drie keer per dag.

Die tatoeëermerk moet vir ten minste die eerste maand skoon en droog bly. Jy kan stort, maar dit moenie in water week, soos byvoorbeeld wanneer jy bad nie. Beskerm die area met gaas as jou klere dit bedek.

Jy moet so ver moontlik die son vermy. Sonblootstelling sal veral gekleurde merke baie vinnig laat verdof. Wanneer jou vel gesond is, kan jy ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!