[OUDIO] Vind balans in fisieke en geestelike selfversorging
- Nuwe jy [Oudio]
- Careen Visagie, dieetkundige en lewensafrigter
Selfversorging is pro-aktiewe aksies wat ons help om ons gesondheid en welstand te handhaaf of te bevorder.
Dikwels is selfversorging die laagste op die prioriteitslys en die eerste ding wat opsy geskuif word. Mense se verskonings en uitdagings met selfversorging is dat hulle te besig is. Hulle is reeds oorlaai met ’n stresvolle werk, of is onbewustelik verslaaf aan tegnologie.
Ander sê weer dat hulle skuldig voel om tyd vir hulleself te neem, en hulle man en kinders alleen te los. Navorsing het egter gewys dat wanneer selfversorging met goeie bedoeling en konsekwentheid toegepas word, dit baie voordele vir ons welstand inhou.
Dit kan lei tot beter produktiwiteit, motivering en konsentrasie.
Dit het ook beter streshantering, minder angstigheid, minder frustrasie en aggressie, en meer volhoubare energie tot gevolg. Dit bevorder algehele gesondheid.
Daarmee saam bring selfversorging en die instelling van grense ’n gesonder verhouding met jouself.
In breë trekke kan selfversorging as fisieke of verstandelike en emosionele sorg gegroepeer word. Maar onthou, selfversorging lyk nie vir almal dieselfde nie.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Elize-Marie Muller
Daar is soveel “stemme” in ons lewens: familie, kollegas, die media, literatuur, musiek en ons eie gedagtes. Só kan jy Jesus se stem onderskei. Hoe ...
Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...