Ja-jy-kan,-Aan-jou-selfbeeld-bou-_result

Ja, jy kan… Aan jou selfbeeld bou

’n Mens kan jou selfbeeld verbeter deur jou selfpraat meer positief te maak en in jouself te glo, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. 

Selfvertroue ontstaan uit jou bewustheid van wie jy is 

Soos jy jouself sien, só sal jy wees. Só sal jy jouself behandel, en ook toelaat dat die wêreld jou behandel.

Onsekerheid veroorsaak dat jy jouself altyd moet bewys en nooit kan ontspan en net jouself wees nie. Ware selfvertroue, aan die ander kant, hoef nooit bewys te word nie.

’n Sterk selfbeeld word gebou op die fondasie van nederigheid en dankbaarheid, harde werk, respek en die verstaan dat groei ’n proses is.

’n Goeie selfbeeld is nie moontlik as jy arrogant is, nie respek het nie en vol bravade is nie. Ook nie as jy sukses behaal het deur “geluk” soos die Lotto of deur kortpaadjies soos om ander te manipuleer nie. Dit hoef nooit bewys te word nie, dit is ’n aura wat ’n mens dra.

Selfvertroue ontstaan uit jou bewustheid van wie jy is, ’n kennis van waar jy vandaan kom en ’n ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Vra jy jou af: “Wat moet ek met my lewe doen?” of “Wat is die beste volgende stap vir my?”Dit is so belangrik om ’n ...

Jy was bang om uit te staan en dit het gevolglik jou oorspronklikheid versmoor. As jy op ’n tyd kreatief was, kan jy dit terugkry, ...

Scroll to Top