[OUDIO] Stres minder, laat jou innerlike kind uitkom
- Ouerskap [Oudio]
- Driekie Olwage, tuisskool-mamma
Speel speletjies, wees laf en luister soms na jou innerlike kind. Dis pret en jy sal voel hoe dit jou stres verminder.
“Time spent playing with children is never wasted,” lees ek op ’n muur. Jesus lag terwyl die kinders na Hom toe kom. Sy arms wyd oop. ’n Oomblik lank is al die ander dinge vergete. Selfs die dissipels word aangespreek toe hulle die opgewonde klompie wou keer.
Net daar los ek die bondel wasgoed vir later en gaan sit kruisbeen op die mat, my hart en gedagtes in die nou. (Nie by alles wat nog gedoen moet word nie!). Drie kindertjies glimlag, ogies blink. Mamma gaan saamspeel!
Met ekstra moeite word die week so beplan sodat ek saam met elke dogtertjie alleen ’n rukkie kan tee drink. Storieleestyd word meer en ons ry saam fiets. Ons pluk blomme, plant saadjies, verf, lag en speel.
Ou, vervelige bordspeletjies word afgestof en kry nuwe lewe, want Mamma is daar om saam te speel, te leer, te bou en op te ruim … SAAM. Aanvanklik doen ek dit vir hulle. Vir Hom.
’n Hart ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Hettie Mills, lewensafrigter en stylkonsultant
Omring jou deur mense wat jou motiveer en die beste in jou na vore bring. Maar moenie soos hulle probeer wees nie. Jy is uniek ...
Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees?
...Jong meisies word verkeerdelik groot met die idee dat as jy ander vroue se sukses vier, jy jouself van iets ontneem. Gun mekaar ’n plekkie ...