Om ’n gesonde, gebalanseerde selfbeeld te bou
- My storie
- Eloise Cupido
Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig te leef.
Maak besluite wat jou selfversekerd laat voel
Ek het ’n “attitude of yes” teenoor die lewe gekweek. Sal altyd eerder “ja” as “nee” sê, selfs al moet ek soms eers ná die tyd uitpluis hoe om die werk te doen.
Só het ek, wat absoluut niks van sport af weet nie, al byvoorbeeld die bodaankondiging vir die Olimpiese Winterspele in Frans uitgesaai.
En ’n paar jaar later – weer regstreeks en wêreldwyd – duik die geleenthede op om as sportkommentator by twee Europese Spele uit te saai.
Dit is wel belangrik om fyn na jou instink te luister. Om slegs in te stem as dit ’n eerlike ja kan wees. ’n “Ja” wat jou met respek gaan behandel.
Jare gelede was daar ’n klein rolletjie in ’n baie gewilde sepie. Ek was bloedjonk in die bedryf en nog onseker van hoe dinge werk. In daardie stadium was my toegang tot vervoer ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
IVOR SWARTZ is ’n motiveringspreker en jeugpredikant by NG kerk Oosterlig, Pretoria. Hy kyk ondanks moeilike omstandighede, groot foute en swak keuses wéér die lewe ...
Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...