Beskerm jou vel met die regte sonskerm

Beskerm jou vel met die regte sonskerm 

Spandeer jy ’n fortuin aan breëspektrum, hoë SBF-sonrome sonder om te vra hoe dit werk en of dit nodig is? 

SBF (sonbeskermingsfaktor) bepaal hoe goed ’n middel jou vel beskerm teen UVB-strale wat sonbrand veroorsaak en tot velkanker bydra. Dit is egter nie ’n indikasie van beskerming teen UVA-strale – wat net so skadelik is en wat geassosieer word met velskade, -veroudering en plooie – nie.

Die SBF-syfer meet UVB-beskerming en is ’n aanduiding van hoe lank die ultravioletstraling sal neem om jou vel rooi te maak as jy die produk presies soos aangedui, gebruik.

So sal ’n SBF 15 byvoorbeeld, indien jou vel normaalweg 10 minute blootgestel kan wees voordat dit brand, jou toelaat om 15 keer langer (sowat 150 minute) in die son te bestee voordat jy brand.

Dis ’n rowwe skatting en hang af van jou veltipe, die intensiteit van die son en die hoeveelheid room wat jy aanwend.

Produkte met ’n hoër SBF bied nie beduidende beter beskerming nie. ’n SBF 15 blok 90% UVB-strale, SBF 30 blok 97% en SBF 50 blok slegs 98%. ’n SBF 30 bied ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Annique Rooibos vervaardig rooibosprodukte van hoë gehalte wat jou vel in ’n japtrap vlekkeloos, stralend en jonger sal laat lyk. Velsorg was nog nooit so ...

Is jy passievol oor ‘n loopbaan in gevorderde velsorg of liggaamsbehandelings wat gesondheid en voorkoms verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil ...

Scroll to Top