Nie-chirurgiese behandelings vir 'n gesonde vel

Nie-chirurgiese behandelings vir ’n gesonde vel

Danksy die mediese wetenskap is daar deesdae ’n wye verskeidenheid nie-chirurgiese behandelings om ’n gesonde, jeugdige gelaat te verkry.

Mikronaaldterapie (micro-needling) gebruik naaldjies – van 0,5 mm tot 1 mm lank – om klein gaatjies in die veloppervlak te maak en ’n gekontroleerde wond te vorm. Dit stimuleer die vorming van kollageen en bevorder produkpenetrasie.

Die metode kan plooitjies versag en vergrote porieë laat krimp, pigmentasievlekke herstel, ’n dowwe gelaatskleur verbeter en littekens, rekmerke en selfs selluliet verminder.

Die prosedure word met ’n velroller of naaldpen gedoen. Albei bevat dieselfde naalde, maar die pen kan makliker verstel word om ’n beter resultaat te verkry. Dit neem sowat 20 tot 30 minute en ’n verdowende room word voor die tyd aangewend.

Ná die tyd sal jou vel, weens die stimulasie, vir ’n paar dae rooi en effens geswel wees. Vir goeie resultate is dit nodig om meer as een behandeling te ondergaan.

Om van dooie, droë selle, ouderdomsvlekke en sproete ontslae te raak of jou vel se tekstuur te verbeter, kan jy professionele chemiese afskilfering oorweeg. Vermy meganiese afskilfering, veral as jy sukkel met ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Spandeer jy ’n fortuin aan breëspektrum, hoë SBF-sonrome sonder om te vra hoe dit werk en of dit nodig is? SBF (sonbeskermingsfaktor) bepaal hoe goed ...

Kollageen is nie net noodsaaklik vir ’n jeugdige, stralende vel nie, maar hou ook verskeie ander gesondheidsvoordele in. Ongeveer 30% van die proteïen in die ...

Scroll to Top