Ja, jy kan… Jou brein programmeer vir ryk word
- Ja, jy kan!
- Wouter Snyman
Almal smag na finansiële welvaart, maar weet nie presies hoe om dit te kry nie. Programmeer jou brein vir ryk word en dit kan gebeur, sê WOUTER SNYMAN.
Skep ’n nuwe visie vir jou lewe en finansies
Baie mense het ’n negatiewe siening oor hulle geldsake. Daar kan natuurlik baie redes hiervoor wees. Die waarheid is, ons beperk onsself deur negatief te dink. Jy sal nooit bo hierdie beeld in jou gedagtes kan uitstyg nie.
’n Mens se verbeelding is eintlik maar soos ’n skoon skilderdoek. Jy sien iets in jou gedagtes en begin dit dan “skilder”.
Moenie dink: Ek kan nie. Dink eerder: Hoe kan ek?
Elke mens het beslis die geleentheid, en ook die verantwoordelikheid, om ’n nuwe visie vir haar lewe te skep, veral wat finansies betref. Die prentjie wat jy self in jou kop geteken het, moet eers verander, dan sal jou finansies stukke beter begin lyk.
Kry eerstens iets waarvoor jy kan werk, met ander woorde, ’n “hoekom”. Sê byvoorbeeld vir jouself jy moet genoeg geld belê sodat jou passiewe inkomste vir die ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Omring jouself met mense wat jou in ’n positiewe rigting aanspoor en jou motiveer om jou potensiaal te verwesenlik, sê MAGTELD ARNOLD. Iemand wat jou ...
Die lewe gebeur en swaarkry is deel daarvan. Maar jy hoef nooit te wonder waar God is nie. Omstandighede is presies soos dit moet wees, ...