’n Gesin is veel belangriker as roem!
- Bekendes
- Elizma Theron
ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem is.
Kinders kan ons ma-harte tot die uiterste uitdaag
Om ’n ma te wees, is beslis nie altyd maneskyn en rosegeur nie. Dit is egter baie lonend. Ek het twee pragtige kinders. Elezane is tien jaar oud en Enjo is agt.
Soos alle mammas weet, bring ma-wees baie bekommernisse mee. Wanneer hulle seerkry, voel jy dit ook. Dit is asof jou hart buite jou lyf rondloop. Van die begin af was ons baie bekommerd oor Enjo. Ons was baie angstig en het baie gebid.
Kort ná sy geboorte het hy ’n kapillêre hemangioom aan die linkerkant van sy gesig ontwikkel, ook op sy lippie en in sy verhemelte. Toe hy ’n maand oud was, het hy sy eerste MRI ondergaan. Dit was om te bepaal of die hemangioom na sy brein versprei en druk veroorsaak.
Die hemangioom het aan die buitekant begin groei, veral oor sy ooglid, wat sy ooglid toegehou het. Die dokter het gesê ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...
Groot hartseer het die sangeres IRENE-LOUISE VAN WYK geïnspireer om te bly groei. Maar dit is ma-wees wat haar vir ewig verander het. “Tekkies Brand” ...