[OUDIO] Vergeet van vergelyk, hou op kompeteer

Dis so uitputtend om jouself met ander ma’s te vergelyk … staak dadelik die onderlinge kompetisie oor wie se kind die beste is. Ondersteun mekaar eerder. 

Daar is ’n uitdrukking wat lui: “Selfvertroue is nié om in ’n vertrek in te stap en te dink dat jy beter as almal is nie. Dit is om te weet dat jy nie nodig het om jouself met enigiemand te vergelyk nie.” As ma moet ’n mens so vroeg moontlik hierdie les leer.

Staak die alewige vergelykspeletjie. Dit sal jou tot raserny dryf en beslis nie help om jou beter te laat voel nie. Moenie konstant met al die ma’s om jou probeer kompeteer nie.

Bly eerder vanuit die staanspoor weg van die “kompetisie”. Uiteindelik gaan daar, soos in oorlog, geen wenners wees nie.

Die spoggerige kosblikke wat jy pak (of nié pak nie) tot die aktiwiteite waaraan jy jou kinders blootstel, word alles vinnig ’n onmoontlike maatstaf vir jou ma-wees. Moenie gedwing voel om al jou keuses te verduidelik en verdedig nie. Doen wat vir jou en jou gesin goed en reg is.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Gerridene Berg, voedingkundige en fiksheid-afrigter

Ons sal nooit antwoorde op al ons lewensvrae kry nie. Daarom moet ons kies of ons net gaan aanhou vra “hoekom”, of bloot gaan vertrou. ...

Francois Oosthuizen, lewensafrigter en welvaartskepper

Onbekende uitdagings is niks nuuts nie. Daar is talle voorbeelde in die Bybel waarmee ons ons kan vereenselwig. Die les is hoe geloof jou dra. ...

Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...

Scroll to Top