[VIDEO] Koop minder en dra meer van jou eie klere 

“Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop,” sê SUNET VERMAAK. Doen meer met die klere wat jy reeds besit.

Om jou klerekas te beplan is dikwels een van die grootste uitdagings wat vrouens in die gesig staar. Jy staan voor jou kas, en die massas klere daarin, en jy het nie ’n idee wat om aan te trek nie.

Gewoonlik dra ons net 20% van wat in ons kas is – 80% hang net daar. Ons spandeer ook ongeveer tussen R200 en R300 per item in ons kas. Die gemiddelde vrou het ongeveer 200 items in haar kas, dit werk uit op iets soos amper R60 000 se goed wat jy in jou kas het. Dit laat ’n mens dink hoe mors jy eintlik.

Daar is baie mode-rewolusies aan die gang wat van ons vra om meer conscientious te wees. Ons moet dink hoe ons koopgewoontes die omgewing beïnvloed.

Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop. En ons dink ’n bietjie slimmer.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Liesel Krause-Wiid

Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...

Karien Basson

Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...

Aletté Winckler

Of jy getroud, enkellopend, ’n tuisbly-ma of beroepsvrou is, jy sal geïnspireer word deur die tydlose wysheid van die Spreukevrou Die Spreukevrou is net ’n ...

Scroll to Top