Beesfilet met biltong en songedroogde tamatie

Beesfilet met biltong en songedroogde tamatie 

10 min. + gaarmaak 15 min.
4 mense

filetmedaljons of braaivleis van jou keuse  

1 t olyfolie  

1 rooi slaai-ui, opgekap  

3 e rou heuning  

150 g ekstra maer klam biltong  

1 t woestynsout of pienk sout  

½ t peper  

2 t paprika, opgehoop  

2 e balsemiekasyn  

3 t knoffel- of uievlokkies, opgehoop  

150 g songedroogde tamaties  

10 g of ’n handvol vars gekapte tiemie 

  1. In ’n pan oor matige hitte, braai die uie in olyfolie tot gaar.  
  1. Voeg die heuning by en roerbraai totdat die heuning gekaramelliseer het.  
  1. Voeg dan die biltong, al die speserye en balsemiekasyn by en roer goed.  
  1. Rond af met varsgekapte tiemie en dien op saam met filetmedaljons of braaivleis van keuse. 

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

10 min. 4-6 mense 2 blikkies keker-ertjies, gedreineer en afgespoel   2 e olyfolie   1 t sout   2 e karamelgeursel   2 e kakao, opgehoop   5 e ...

10 min. + gaarmaak: 15 min. 2 mense 1 k rooibostee   1 k onversoete amandelmelk   1 k gerolde hawermout   ½ t sout   ½ t kaneel   ...

Scroll to Top