[VIDEO] Leef met integriteit en opregtheid
- Geloof
- Susan Coetzer
Integriteit is vir die skrywer en aktrise SUSAN COETZER baie belangrik. Dit is meer as net eerlikheid en opregtheid, jou woorde en aksies moet in lyn wees.
Integriteit is vir my baie belangrik, of jy nou ’n christen is of nie. As jy jou christenskap in die openbaar uitbasuin en jou Facebook is vol daarvan, verwag ek nie dat jy perfek sal wees nie, maar dat daar integriteit sal wees.
Wat jy sê en doen, moet min of meer in lyn wees. Niemand van ons is perfek nie; ons het almal foute.
In my boek, Blinde mol of wyse uil, het ek omtrent tien eienskappe geïdentifiseer wat met integriteit te doen het. Dit is meer as net eerlikheid of opregtheid.
Jy moet min of meer dieselfde persoon wees wat in die kerk sit en daarna gaan braai. Daar moet ’n goue draad van opregtheid, deursigtigheid, empatie en vrygewigheid wees.
Mense sê soms nog voor hulle hul naam gesê het of my naam vra: ek is ’n groot Christen, is jy ook?
Ek dink nie dis nodig om dit te sê ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Rhona Erasmus
- Rhona Erasmus
Jong meisies word verkeerdelik groot met die idee dat as jy ander vroue se sukses vier, jy jouself van iets ontneem. Gun mekaar ’n plekkie ...
Isak Burger
- Isak Burger
[Episode 5 – Video-reeks: Wat die Bybel se oor die lewe na die dood] Dit blyk dat mense meer behep is met die hel as ...
Jannie Putter
- Jannie Putter
Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...