[VIDEO] Jou oë bepaal die kleure wat jy moet aantrek 

“As ons kyk na kleure, hoe weet jy watter kleure gaan jóú die beste pas? Jou oog is altyd jou bepalende faktor,” sê SUNET VERMAAK.  

Ons kry vrouens met warm oë en ons kry vrouens met koue oë. Elke vrou het ook ’n ander oogpatroon.  

Partykeer rondom die pupil is daar bruin spatsels wat lyk soos ’n son wat ontplof het en dan is dit verder groen. Party mense se oë lyk of daar speke in is. Ander se oë lyk of daar yskristalle is. Party se oë is weer baie sag en gedemp. 

Oë kan vir ons sê – moet ek helder kleure dra of meer gedempte kleure.  

As jy ’n ysblou oog het, of ’n viooltjie-blou oog, en die wit van jou oog is spierwit, dan gaan koeler kleure waarskynlik beter by jou lyk.  

Wanneer jou oë ’n haselneut kleur is, dalk ’n bietjie meer groen in het of bietjie meer lyk na olyfkleur, dan gaan jy waarskynlik beter lyk in warmer kleure. 

Dit is belangrik dat jy naby die spieël gaan staan en mooi kyk na jou ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Lynette Beer

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Sunet Vermaak

“Jou bykomstighede vertel vir mense ’n storie – sonder dat jy ’n woord uiter kan hulle sien wie jy is en wat jou storie is,” ...

Liesel Krause-Wiid

Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...

Scroll to Top