
Leef met waagmoed en streef na ontwikkeling
- Vra ’n mentor
- Marciel Hopkins
“Ons kan nie sê ons wil ’n groot lewe lei en groot drome hê, maar te bang wees om net een tree buite ons gemaksone te neem nie,” sê lewensafrigter MARCIEL HOPKINS.
Pak die lewe met dissipline en waagmoed aan
As ons praat van selfdissipline, dink jy waarskynlik aan reg eet en reg oefen, maar selfdissipline is soveel groter. Selfdissipline is gelykstaande aan selfrespek en selfliefde.
Wanneer jy sê jy wil graag iets doen, of graag iets bereik, en jy doen dit nie, is dit asof jy nie jouself respekteer nie. Jy het ’n visie en ’n doel gehad, maar net handdoek ingegooi.
Ek dink baie keer terug aan Mej. SA en die 14 kilogram wat ek in vier maande verloor het. Dit was 100% selfdissipline.
Ek het al baie vroue gehad wat vra: Wat was die geheim?
Dit was net harde werk. Ek was toegewyd.
Wat ek wel van my Mej. SA-reis kan sê, is ek sou tot vandag toe spyt gewees het as ek nie minstens probeer het nie. Ek dink daar is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Die wese van die hemel is nie hoe dit daar lyk en wat ons daar gaan doen nie, maar dat ons by God gaan wees,” ...