
INA WILKEN – Verhef die gemeenskap deur die wysheid van seniors
- My storie
- Ina Wilken
Senior mense het die potensiaal om ons gemeenskap vorentoe te help en te verbeter, vertel Gryskrag se INA WILKEN. Saam kan ons die samelewing verbeter.
Hoekom is dit vir jou so belangrik om ’n stem te gee aan diegene wat dalk nie ander geleenthede het nie?
Ek dink dit hang af van hoe jy grootgeword het en wat jy waargeneem het. Ek was baie naby aan my ouma.
My ouers het altyd gehelp waar daar behoefte was. Dit het my geleer om vir diegene sonder ’n stem te praat.
Toe ek in die Verbruikersraad aangestel is, is my droom verwesenlik. Destyds was verbruikersbewustheid nie so prominent nie. Ek was verras dat die raad bestaan het.
Daar het ek gesien wat gedoen kan word. Dit was ’n uitstekende organisasie, maar dit het in 1994 gesluit.
Ek het my toe by die Verbruikersunie aangesluit en tree steeds namens verbruikers op. Ek stel persverklarings op en gesels oor die radio oor hoe om mense te help en bewus te maak van hulle regte.
Die Verbruikerswet van 2011 beskerm ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Katinka Oosthuizen is meer as net ’n aanlyn persoonlikheid, sy is ’n storieverteller by uitstek! Katinka die Kat gesels oor die krag van introverte en ...
MICHELLE SPIES is feitlik heeltemal blind, maar dit het haar nie gekeer om al twee Comrades-ultramarathons te voltooi nie, en selfs haar tyd met ’n ...