
FRANK RAUTENBACH – Vind ’n balans tussen seer en blydskap
- Wat ek geleer het...
- Frank Rautenbach
Akteur en motiveringspreker FRANK RAUTENBACH het geleer dat die lewe nie net goed of sleg is nie. Dit gaan oor balans vind tussen die pyn en vreugde.
Nou weet ek dat...
...mense gebore word en mense doodgaan. Dit is deel van die lewe, maar die dood is nie die einde van lewe nie. Terwyl ek hier is, moet ek die lewe voluit ervaar.
My beste vertolkings ooit...
...het ek gegee toe ek nie bang was vir my eie emosies nie, toe ek onbevrees my gevoelens gewys het. Dit is in jou swakheid dat mense jou sterkte sien.
Die lewe is nie net...
... goed of sleg nie. Niks is net wit of swart nie. Positief of negatief nie. Dit gaan oor balans. Kan jy plek maak vir seer saam met blydskap?
Soms het jy geen idee...
...waarheen jy op pad is nie, maar dis ’n pad wat jy moet stap. Jy het nie ’n idee wat gaan gebeur nie, maar dis ook oukei. Daar is nie altyd antwoorde nie.
Jy is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
ANZÉL RABIE bekend vir Anzél in die Boland gesels oor die mooi en die seer van die lewe, hoe geloof haar dra, en natuurlik oor ...
Van pyn na verlossing! REYNARDT HUGO, die geliefde dr. Tertius Jonker in Binnelanders, deel sy inspirerende getuienis van geloof, hoop en ongelooflike transformasie. Jy het ...