Lynette Beer

Afskeid na die dood van ’n geliefde 

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat hierop volg nie.  

Daar is heelwat navorsing gedoen oor die sogenaamde fases van rou waardeur ’n mens beweeg. Sommige terapeute beweer dit is normaal om ná die skok van die nuus hierdeur te gaan. Van ontkenning, onderhandeling, woede of depressie tot die aanvaarding en uiteindelike integrasie van ’n nuwe identiteit.

Mense glo dat jy gehelp moet word om van die geliefde afskeid te neem. Jy moet deur die fases werk en dan aangaan met jou lewe.

Dokter Michael White was ’n bekende sielkundige wat narratiewe terapie ontwikkel het. Hy het bevind dat hierdie gedwonge afskeid mense hartseer en troosteloos laat en dat dit eintlik heeltemal onnodig is.

Sy uitgangspunt was dat jy nooit afskeid hoef te neem van die herinnering van die persoon en die verhouding wat jy met hom of haar gehad het nie. Daardie nalatenskap mag maar vir altyd deel van jou lewe bly.

Jy hoef nie totsiens te sê en net met die seer saam ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...

Hoe getrouer jy aan jouself leef, hoe gelukkiger sal jy wees. Dit beteken om eerlik te wees oor jou sterk en swak punte. Wees trots ...

Scroll to Top