Behandel aknee op die regte manier

Behandel aknee op die regte manier 

Aknee, die ellende wat menige van ons se tienerjare versuur het, kan ook op ’n latere ouderdom kop uitsteek. 

Olierige vel, swartkoppies en puisies is die velkondisie wat die meeste mense affekteer. Aknee is ’n kroniese, inflammatoriese verskynsel wat meestal op die gesig, maar ook op die nek, skouers, rug en boarms voorkom.

Dit word veral geassosieer met puberteit, maar kan op enige ouderdom gesig wys. Hoewel dit dikwels aan ’n olierige vel en tienerhormone toegeskryf word, kan hierdie komplekse kondisie verskeie ander oorsake hê.

Genetika kan ’n rol ...

Genetika kan ’n rol speel. Dit word ook veroorsaak deur voorbehoedmiddels of medikasie wat androgeenselle bevat, olierige kosmetiese produksie, emosionele stres, ’n warm vogtige klimaat, bakteriële infeksie, menstruasie, menopouse en hormonale veranderinge.

Aknee op sigself is nie gevaarlik nie, maar as dit nie versigtig hanteer word nie, kan dit permanente letsels laat. ’n Dieet wat hoog in vitamiene A, E en sink is, kan ook help om dit te verminder.

Die ernstigheidsgraad en gereeldheid van die toestand hang af van die soort bakterieë teenwoordig. Alle bakterieë is nie sleg vir jou vel nie en daarom is dit van kardinale belang dat jy nie jou vel se goeie bakterieë vernietig nie.

Wees ook versigtig om nie die natuurlike olies en pH-balans te versteur nie. Vermy dus reinigers wat jou vel uitdroog en verfrissers wat alkohol bevat.

Moenie te veel en te hard skrop nie en onthou om ’n vogroom aan te wend. Gebruik anti-inflammatoriese produkte wat aloe vera, berghasel (witch hazel), teeboomolie of retinol (vitamien A) bevat wat jou vel sal voed en bevogtig.

Deel die artikel

Méér artikels

Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig. “Sensitief” en “allergies” beskryf ...

Annique Rooibos se betroubare en innoverende velsorg- en gesondheidsprodukte verseker dat elke vrou op haar beste lyk en voel. Jy kan nou ’n ekstra inkomste ...

Scroll to Top