Beskerm jouself teen griep en verkoue hierdie winter

Beskerm jouself teen griep en verkoue hierdie winter 

Seisoenale verkoues en griep kan vinnig jou roetine ontwrig, maar dit hoef nie so te wees nie. A.Vogel Echinaforce help om simptome te verlig, komplikasies te voorkom en jou gesin vinniger gesond kry.  

Wees proaktief en versterk jou immuunstelsel teen verkoue en griep 

Niemand van ons is mal oor daardie tyd van die jaar wanneer verkoues en griep sonder waarskuwing die goed georganiseerde ritme van ons lewens versteur nie.  

Skielik kan jy nie gaan werk nie, kinders bly by die huis, skoolroosters word deurmekaar gekrap, planne word gekanselleer en almal voel net aaklig.  

Volgens studies duur ’n verkoue gewoonlik 7 tot 10 dae, maar enige ouer weet dis nie so eenvoudig nie.  

Eers is daar een kind wat hoes en proes, dan begin jou keel krap, daarna kla die jongste oor ’n toe neus en uiteindelik word jou man ook platgetrek.  

Voor jy jou oë uitvee, het ’n hele paar weke verdwyn – gesteel deur een enkele virus wat deur die huis beweeg het.  

Dís hoekom gesinne in meer as 30 lande op A.Vogel Echinaforce vertrou. 

Versterk jou immuunstelsel. 

Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting en kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel of betaal slegs R30 vir enkelbestellings.

Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting en kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel of betaal slegs R30 vir enkelbestellings.

Hoekom dit noodsaaklik is om simptome vroegtydig te behandel 

Hoewel Echinaforce algemeen bekend is as ’n immuniteitsondersteuner wat help om verkoues en griep te voorkom, kan dit ook gebruik word om simptome te behandel.  

Wanneer dit in behandelingsdosisse by die aanvang van simptome geneem word, kan dit help om die erns en duur van simptome soos hoes, verstopte neus, hoofpyn, liggaamspyne, bewing en koors te verminder.  

Daar is drie voordele hiervan. Eerstens, die siekte is minder ernstig en herstel is vinniger.  

Tweedens, ligter simptome beteken minder hoes en nies, wat die verspreiding van die virus na ander mense kan verminder.  

Derdens, en dit is belangrik as jy jong kinders het of vatbaar is vir sekondêre komplikasies van verkoues en griep, help Echinaforce om sekondêre infeksies soos keelinfeksies (byvoorbeeld mangelontsteking), neus- en oorinfeksies (byvoorbeeld sinusitis of otitis) en asemhalingsinfeksies (byvoorbeeld bronchitis of longontsteking) te voorkom.  

Dit beteken dat minder antibiotika nodig is om gesond te word.  

Die geheim agter die produk wat jou gesond kan hou  

In die vroeë 1950’s het Alfred Vogel van Ben Black Elk, die medisyne-man van die Oglala Lakota-stam, ’n handvol Echinacea Purpurea-saad ontvang.  

Terug in Switserland het dit jare geneem voordat Vogel die plante gekweek het en ’n doeltreffende mengsel van 95% kruie- en 5% wortel-ekstrakte geskep, wat hy Echinaforce genoem het.  

Sewe dekades later is sy oorspronklike formule onveranderd, en die Echinacea-plante wat op A.Vogel se lande groei, is steeds afstammelinge van daardie eerste sade.  

Die plante word organies gekweek, sonder chemiese kunsmis of plaagdoders.  

Elke oes Echinaforce ondergaan 100 gehaltebeheer-toetse, wat die kwaliteit verseker.  

Wat verander het, is dat Echinacea Purpurea die wêreld se mees nagevorsde Echinacea-soort geword het, en Echinaforce word nou in A.Vogel Switserland se farmaseutiese fasiliteit verwerk. 

’n Veelsydige reeks natuurlike medisyne vir die hele gesin  

A.Vogel Echinaforce is beskikbaar in druppels en tablette, insluitend ’n ekstra-sterkte Forte-tablet.  

Vir kinders vanaf twee jaar is daar die spesiaal geformuleerde tandvriendelike koubare Echinaforce Junior-tablette in ’n smaaklike lemoengeur. 

A. Vogel Echinaforce Sore Throat Spray se sproei vir keelseer kombineer Echinaforce met salie vir die behandeling van ’n seer keel en heesheid wat verband hou met hoes, verkoues en griep. 

Hierdie maand word A.Vogel se Echinaforce Hot Drink bekendgestel.  

Dit is ’n lekker warm drankie wat verkoue- en griepsimptome behandel en is geskik vir kinders vanaf ses jaar. 

Versterk jou immuunstelsel.
Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting en kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel of betaal slegs R30 vir enkelbestellings.

Deel die artikel

Méér artikels

THRESHHold Real MSM is ’n natuurlike aanvulling wat help om gewrigspyn en inflammasie te verlig. Dit verhoog swaelvlakke, ondersteun herstel ná oefening en hou ook ...

Behandel jou hoes op die natuurlike manier met Relief Coff Natural. Hierdie kragtige stroop, wat Hedera helix fol ekstrak bevat, help om slym los te ...

Scroll to Top