Verkoue en griep maak elke jaar miljoene mense siek. A.Vogel se Echinaforce help om jou immuunstelsel te versterk en jou liggaam proaktief teen hierdie winterkwale te beskerm.
Hoekom verkoue algemeen voor kom en hoe dit jou liggaam affekteer
Volwassenes kry gemiddeld tussen twee en vier verkoues per jaar, terwyl jonger kinders dit ses tot twaalf keer kan opdoen.
Elke keer wanneer jou liggaam ’n verkoue beveg, ontwikkel dit teenliggaampies wat beskerming teen daardie spesifieke virus in die toekoms bied.
Verkoues is hoogs aansteeklik, en elke nuwe virus waarmee jy in aanraking kom, vereis dat jou immuunstelsel weer van voor af ’n aanval loods.
Die gevolg is telkens dieselfde bekende simptome: seer keel, niesbuie, toe neus, hoofpyn, hoes en koors.
Wat interessant is, is dat dit nie die virus self is wat dié simptome veroorsaak nie, maar jou liggaam se immuun reaksie op die virus.
Oormaat slym, hoes en nies is maniere waarop jou liggaam probeer om die virus vas te vang vas te vang en uit te dryf.
’n Koors is ’n doelbewuste poging om die virus dood te maak, aangesien hulle nie teen hoë temperature kan vermeerder nie.
Versterk jou immuunstelsel.
Kry Echinaforce by jou apteek! Beskikbaar as druppels, tablette, Forte-tablette en Junior-koutablette – alles geformuleer om verkoue en griep doeltreffend teen te werk.
As jy weet hoe die virus versprei, kan jy dit voorkom
Dis maklik om te dink jy moet in noue kontak met ’n siek persoon wees om ’n verkoue op te doen, dit is waar maar dis nie al nie.
Het jy geweet?
Wanneer iemand hoes of nies, word ’n fyn mis van waterdruppels vol virusse teen snelhede tot 160 km/uur die lug in gestuur. ’n Hoes kan dié druppels tot 2 meter ver versprei, terwyl ’n nies dit tot 8 meter ver kan dra.
Kleiner druppels bly vir etlike minute in die lug hang – wat beteken jy kan dit inasem. Groter druppels kom op oppervlaktes tot rus, waar die virusse tot twee dae kan oorleef.
As jy ’n besmette oppervlak aanraak – soos ’n deurhandvatsel, winkelwaentjie, kantoordrukker of restauranttafel – en daarna aan jou mond, neus of oë vat, dra jy die virus oor na sy nuwe gasheer: JÝ.
Binne ’n paar dae sal ’n seer keel die begin van jou verkoue aankondig.
Versterk jou immuunstelsel en herstel vinniger van verkoue en griep
Wanneer jou immuunstelsel goed funksioneer, kan dit wintersiektes doeltreffend hanteer. Dit reageer vinniger op ’n nuwe virus, vorm gouer teenliggaampies, en help jou om ligter simptome te ervaar en vinniger gesond te word.
Aangesien ons nie altyd weet hoe sterk ons immuunstelsel op ’n gegewe dag is nie, is dit beter om voorbereid te wees – en dis waar A.Vogel Echinaforce ’n verskil maak.
Echinaforce is ’n beproefde formule wat jou immuunstelsel aktief ondersteun en versterk. Dit bou weerstand op en help jou liggaam om verkoue- en griepvirusse beter te beveg.
Sodra jy die eerste tekens van ’n verkoue of griep voel, kan jy hierdie produk gebruik om simptome te verlig en hersteltyd te verkort.
Die Produk wat jou kan gesond kan hou hierdie winter
A.Vogel Echinaforce is ’n Switserse kruiemedisyne gemaak van Echinacea purpurea – die mees nagevorste Echinacea-spesie.
Alfred Vogel, die bekende plantkundige agter die produk, het uitsluitlik vars organiese Echinacea purpurea (plant én wortel) gebruik.
Om die hoogste gehalte aktiewe bestanddele te verseker, word die geoeste plante binne 24 uur tot die finale produk verwerk.
By A.Vogel is gehaltebeheer van saad tot bottel ’n prioriteit. Elke lot Echinaforce ondergaan tot 100 kwaliteittoetse tydens produksie, en alle bestanddele is gesertifiseer as organies.
Sowat 70 jaar ná sy ontstaan is Echinaforce se unieke formule steeds onveranderd – en vandag word dit in meer as 30 lande gebruik as ’n betroubare ondersteuning vir die immuunstelsel teen verkoue en griep.