Die belangrikste waarheid oor die hemel 

“Die wese van die hemel is nie hoe dit daar lyk en wat ons daar gaan doen nie, maar dat ons by God gaan wees,” sê pastoor en kerkleier DR. ISAK BURGER. 

Die hemel is meer as net ’n mooi plek 

Mense het verskillende persepsies en perspektiewe oor die hemel. Daar is selfs grappies dat ons soos engele op die wolke sal sit en harp speel. Of dat ons heeldag kerk gaan hou en voortdurend lofliedere gaan sing.

Ons moenie dink oor wat ons in die hemel gaan doen en hoe dit daar gaan lyk nie. Hoewel die Bybel ons heelwat inligting gee oor hoe die hemel gaan lyk – ’n wonderlike plek wat nie in mensewoorde behoorlik beskryf kan word nie – is dit nie die belangrikste nie.

Die belangrikheid, die essensie van die hemel, is dat ons by God sal wees. Ek dink nie dat ons ooit ten diepste sal besef wat dit sal beteken om God te sien nie.

Die twee persone van wie ons in die Nuwe Testament lees, wat wel iets van die ander kant beleef ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Scroll to Top