Die beste behandeling om sooibrand en slegte spysvertering te verlig

Behandeling om sooibrand en slegte spysvertering te help verlig

Sukkel jy met sooibrand en slegte spysvertering? A. Vogel Multiforce® Heartburn and Indigestion help jou om weer lekker te kan eet en die lewe voluit te geniet – sonder om ongemaklik te voel.  

Wanneer sooibrand en slegte spysvertering verhoed dat jy kos geniet 

Sooibrand en slegte spysvertering veroorsaak meer as net ongemak. Dit kan maak dat jy nie jou gunsteling-etes geniet nie en dit kan ook jou slaappatroon en jou daaglikse lewe versteur en benadeel.   

Die brandende sensasie, opgeblasenheid, en pyn kom gewoonlik nadat jy geëet het, wat sosiale geleenthede of familie-etes stresvol maak, in plaas daarvan dat jy dit geniet.    

Vir baie mense veroorsaak die vrees van ongemak dat hulle sekere kosse vermy of etes heeltemal oorslaan.   

Met tyd verlaag sooibrand en slegte spysvertering jou lewenskwaliteit, en verander iets so fundamenteel soos eet in ’n bron van angs.   

Deur hierdie probleme te behandel gee jy jouself die vryheid om kos te geniet en jou lewenskwaliteit te verbeter. 

Speel klaar met sooibrand en slegte spysvertering. 

Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting oor Multiforce® Heartburn & Indigestion en kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel of betaal slegs R30 vir enkelbestellings.

Speel klaar met sooibrand en slegte spysvertering.

Dit is belangrik om te verstaan wat jou probleem veroorsaak  

Sooibrand is daardie brandende gevoel of pyn agter jou borsbeen wanneer maagsuur terugbeweeg in die slukderm. Dit kan ongemaklik en selfs pynlik wees.  

Swak spysvertering, of dispepsie, is ’n breër probleem wat dikwels ná ete voorkom. Dit sluit simptome soos opgeblasenheid, winde, ’n gevoel van volheid ná net ’n paar happies, en algemene ongemak in die boonste deel van die maag in.  

Hoewel sooibrand en swak spysvertering verskillende oorsake het, kom hulle dikwels saam voor.  

Terwyl sooibrand ’n spesifieke teken van suurrefluks is, verwys swak spysvertering na ’n reeks spysverteringsprobleme. Jy kan een of albei simptome ervaar – afsonderlik of terselfdertyd – en dit kan jou daaglikse lewe beïnvloed as dit nie behoorlik bestuur word nie. 

Gewoontes wat veroorsaak dat jou spysverteringstelsel nie reg werk nie

Sooibrand en slegte spysvertering word gewoonlik veroorsaak deur wat ons eet, hoe ons eet en ander leefstylfaktore.   

Suur en vetterige kosse soos tamaties, sjokolade, sitrusvrugte, skerp gegeurde disse en gebraaide kosse is bekende oorsake.   

As jy jou ooreet, te vinnig eet, of direk ná ’n ete gaan lê, kan dit sooibrand en spysverteringsprobleme vererger.    

Koffie, alkohol, gaskoeldrank, rook en stres speel ook ’n groot rol. As jy oorgewig, of swanger is of op sekere medikasie (soos sekere anti-inflammatoriese middels) verhoog dit die risiko verder.   

Soms mag sekere onderliggende kondisies soos ’n hiatus-breuk, ’n maagsweer of bakteriële infeksie betrokke wees.   

Die sleutel tot die bestuur van jou simptome, is om die kos te identifiseer wat jou sooibrand veroorsaak.   

Jy kan jou interne balans herstel met die regte behandeling 

A Vogel Multiforce Heartburn & Indigestion is ’n natuurlike hulpmiddel wat help om sooibrand, swak spysvertering in die spysverteringskanaal te verlig, wat deur ‘n oormaat suur veroorsaak word.

Hierdie produk bevat ’n unieke kombinasie van alkaliese minerale soos kalsium, magnesium, fosfor en kalium, asook sitraat- en bikarbonaatsoute, wat die liggaam se natuurlike suurbufferstelsel ondersteun.  

Dit help om ’n tipiese suurvormende dieet – wat dikwels ryk aan diereproteïene en arm aan groente, vrugte en minerale is – te balanseer.  

Deur die suur-basis-balans in die liggaam te herstel, kan Multiforce® simptome soos suurrefluks, opgeblasenheid en ongemak ná ooreet verlig.  

Dit ondersteun ook die werking van spysverteringsensieme, bevorder algehele spysverteringsgesondheid en help met die afbreek van vette, proteïene en koolhidrate. 

Speel klaar met sooibrand en slegte spysvertering.
Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting oor Multiforce® Heartburn & Indigestion en kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel of betaal slegs R30 vir enkelbestellings.

Deel die artikel

Méér artikels

THRESHHold Real MSM is ’n natuurlike aanvulling wat help om gewrigspyn en inflammasie te verlig. Dit verhoog swaelvlakke, ondersteun herstel ná oefening en hou ook ...

Behandel jou hoes op die natuurlike manier met Relief Coff Natural. Hierdie kragtige stroop, wat Hedera helix fol ekstrak bevat, help om slym los te ...

Scroll to Top