
Die lewe is saai sonder groot DROME
- Bekendes
- Irene-Louise van Wyk
Groot hartseer het die sangeres IRENE-LOUISE VAN WYK geïnspireer om te bly groei. Maar dit is ma-wees wat haar vir ewig verander het.
“Tekkies Brand” het van jou ’n huishoudelike naam gemaak. Het jou loopbaan verloop soos jy verwag het?
My loopbaan het nie uitgedraai soos ek gedink het nie. Ek sal sê dit het in baie opsigte beter uitgedraai as wat ek ooit kon hoop.
Ek het nooit gedink ek sal die geleentheid kry om te sing nie, laat staan nog vir so lank. Dit is hierdie jaar my negende jaar in die musiekbedryf en ek kan nog steeds doen wat ek so liefhet.
Ek het nog baie drome. ’n Paar van my drome het reeds waar geword. Ek het byvoorbeeld aan Afrikaans is Groot deelgeneem en ’n paar ander klein dinge gedoen wat ek altyd vir myself gehoop het.
My ander groot droom is Krone, wat later hierdie jaar gebeur. Ek is baie opgewonde en dankbaar dat ek steeds kan doen wat ek doen ná nege jaar. Ek het mense wat my ondersteun en steeds na my musiek luister ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
RACHELLE FOURIE het met die realiteitsprogram Op my eish! baie vinnig in kykers se harte ingekruip. Sy word beskryf as Suid-Afrika se gewildste, toekomstige skoondogter. ...
Binnekort is REANDI GREY te sien as die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou. Haar geloof, kreatiwiteit en liefde vir die lewe skyn deur ...