ATKV-OORDE_result

Die perfekte vakansie vir jou gesin

Kies een van die ATKV se spog-oorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Dit is ’n alles-in-een-vakansiebestemming wat jou sak sal pas en waar jy jou batterye sal kan herlaai.  

Verruil die stad vir ’n wegbreek in die berge

In die hartjie van die Drakensberge, skaars ’n klipgooi van Harrismith en Bethlehem, omring deur die lowergroen KwaZulu-Natalse landskap lê een van die juwele in die ATKV se kroon, ATKV-Drakensville.

Hierdie oord, met asemrowende uitsigte, word omring deur geskiedkundige bakens en bied toegang tot talle ...

Kies een van die ATKV se spog-oorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Dit is ’n alles-in-een-vakansiebestemming wat jou sak sal pas en waar jy jou batterye sal kan herlaai.  

Verruil die stad vir ’n wegbreek in die berge

In die hartjie van die Drakensberge, skaars ’n klipgooi van Harrismith en Bethlehem, omring deur die lowergroen KwaZulu-Natalse landskap lê een van die juwele in die ATKV se kroon, ATKV-Drakensville.

Hierdie oord, met asemrowende uitsigte, word omring deur geskiedkundige bakens en bied toegang tot talle toeriste-attraksies in die omgewing.

Verskeie soorte verblyfopsies, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel is beskikbaar.

Dit is die ideale gesinsvakansie vir enigeen wat die natuurskoon wil bewonder.

Bekostigbare gesinsvakansies wag op jou!

Haal daardie baaikostuum uit die kas, haak jou woonwa of sleepwa en verruil die stad vir die natuur. ATKV-oorde is perfek vir bekostigbare gesinsvakansies. Bespreek nou!

Maak nuwe herinneringe by die see

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia-strandoord. Hier kan jy spore kom trap in silwerwit seesand en lyf kom natmaak in blinkblou water… ’n Tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Verblyf by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim gesellige selfsorgwoonstelle, in verskeie groottes, en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.

Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord, is dit ook net ’n klipgooi ver van allerlei opwindende en interessante toeriste-attraksies in die omgewing.

Kuier by ’n gewilde vakansieparadys op die Tuinroete

ATKV-Hartenbos bied die perfekte wegbreekgeleentheid, wat sakpas-gesinsvakansies by die see moontlik maak, en vakansiegangers meer gee as wat hulle harte kan begeer.

Hartenbos vorm deel van die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.

By hierdie oord word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom. Dit is daarom geen verrassing dat hierdie oord as die ATKV se vakansieparadys bekendstaan nie.

Haal daardie baaikostuum uit die kas, haak jou woonwa of sleepwa en verruil die stad vir die natuur. ATKV-oorde is perfek vir bekostigbare gesinsvakansies. Bespreek nou!

Deel die artikel

Méér artikels

Kies uit een van die ATKV se sewe spogoorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Daar is iets vir almal, of jy ...

Dit is nou die ideale tyd vir ’n rustige wegbreek by een van die ATKV se oorde. Geniet pragtige lenteweer, laer tariewe, en ontspan in ...

Scroll to Top