Wiskunde het twee gesigte: vir sommige kinders is dit ’n engel wat orde bring en uitdagings oplos; vir ander ’n duiwel wat vrees saai. Wolkskool help kinders om dié vak met moed en selfvertroue aan te pak
Die duiwel van wiskunde – saaier van vrees en onsekerheid
Die wiskundeduiwel sit agter in die klas, met ’n grynslag en arms gevou. Sy wapen is die stem van twyfel en onsekerheid.
Hy fluister: “Jy is nie slim genoeg hiervoor nie” en laat foute soos mislukkings voel.
Hy oortuig jou kind dat wiskunde moeilik en betekenisloos is en vertel dat net sekere mense “wiskunde-breine” het.
Sy grootste truuk? Om te keer dat kinders hul eie wiskundige vermoë ontdek, bang bly en glo dat hulle nie goed genoeg is nie.
Hierdie stem saboteer jou kind se selfvertroue nog voordat hulle hul potensiaal ontdek het. Dit maak nie saak hoe hard hulle probeer nie, as hulle hierdie stem glo, voel wiskunde soos ’n struikelblok wat onmoontlik is om te oorkom.
Die engel van wiskunde – bewaker van nuuskierigheid en moede, gesonde selfbeeld loop hand aan hand
Die wiskunde-engel sit voor in die klas, glimlaggend en gereed om te inspireer. Langs haar lê ’n sak vol vrae en stories en haar wapen is die vonk van verwondering.
Sy fluister: “Weet jy dat getalle stories vertel?” en wys hoe wiskunde in musiek, sport en die sterre versteek lê.
Sy moedig jou kind aan om vrae te vra, help om foute as geleenthede te sien en leer om ’n unieke manier van dink en verstaan te ontwikkel.
Haar grootste doel? Dat kinders hul eie innerlike wiskundige ontdek en vertrou en self sien dat hulle slimmer is as wat hulle dink.
Sy leer kinders dat wiskunde meer is as net reg of verkeerd. Dis ’n manier van dink, ontdek en groei
Help jou kind om wiskunde te bemeester.
Belê in Wolkskool om jou kind te leer om met moed en selfvertroue te presteer. Sluit vandag nog aan!

Maak vandag nog ’n keuse tussen onsekerheid of nuuskierigheid
Elke dag, in elke les kom hierdie twee stemme saam met jou kind skool toe. Die duiwel sê jou bloedjie kan nie. Die engel wys jou kind dat sy sterker en slimmer is as wat sy dink. Watter stem gaan jy as ouer versterk? Jy het ’n belangrike rol om te speel in hierdie stryd. Jy help bepaal watter stem harder praat.
Moedig hulle aan om vrae te vra. Herinner hulle dat foute deel is van leer. Wiskunde leer jou kind om logies te dink, probleme op te los en patrone te herken. Dis ’n vaardigheid wat hulle regdeur hul lewe gaan help – nie net in eksamens nie, maar in werk, beplanning, finansies en besluitneming.
Die duiwel wil hê hulle moet dink hulle is nie goed genoeg nie, maar die engel weet – elke kind kan wiskunde doen.
Onthou altyd dat jou kind ook ’n wiskundemens is
Elke som of berekening, hoe eenvoudig of kompleks dit ookal mag wees, is ’n kans om iets nuuts te leer en selfvertroue te bou.
Elke fout is ’n kans om sterker te word en geensins ’n rede om moedeloos te raak nie.
Elke dag het jy die geleentheid om jou kind te help om nie die pad van vrees te kies nie, maar dié van verwondering en moed.
Elke kind is gemaak om sekere patrone te herken, raaisels op te los en hulle eie wiskunde-storie te skryf. Die vraag is net: Watter stem gaan jy help om harder te praat – die engel, of die duiwel?