Ek dans al hoor ek nie die musiek nie
- Hoopstories
- Simoné Botha, voormalige Mej. Dowe SA
Gryp elke geleentheid aan, want jy weet nooit watter deure dit vir jou sal oopmaak nie. My gehoorgestremdheid was deel van Sy groter plan vir my.
Dis openingsaand. My eerste hoofrol vir die Bovim-balletgeselskap. Ek moet fyn konsentreer op die klanke wat deur my gehoorapparaat opgevang word. Daarsonder is ek stokdoof.
My passie vir dans het begin toe ek as tweejarige op my ma se skoot in die balletklas gesit het. Ek was anders, maar dit het my min geskeel.
My ouers vertel dat wanneer ek ’n verhoog of platform gesien het, ek dadelik stelling gaan inneem en begin perform het, totaal onbewus van die mense wat my dophou.
Daar was baie wat geglo het dat ek nooit eendag professioneel sou kon dans nie. Ek was ses jaar oud toe ek in die eindronde by ’n kunstefees gedans het.
Ek het nie gewen nie en ons het dit so aanvaar, maar die volgende dag het my ouers ’n foonoproep van ’n baie emosionele beoordelaar gekry.
Sy vertel toe dat sy tussen my en ’n ander meisie die wenner moes kies. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...
Ek het die gebruik van my bene verloor. My toekoms gaan afhang van hoe ek met hierdie wrede werklikheid gaan saamleef. Want ek wil nie ...