Hein Kruger Kruger internasionaal kruger international hlaflyf foto van Hein Kruger

Ek lyk ryk, maar gaan ek oorleef?

Ons werk ons lewens lank hard. Ons leef uiteindelik gemaklik en ons lyk ryk, maar skielik wonder ons of ons gaan oorleef …

Almal wil ’n huisie by die see hê! Ons het uiteindelik een, saam met al die onderhoudskoste. Ons ruim woonhuis het saam met die gesin gegroei, so ook ons huisverband en munisipale koste. Ons motors het tred gehou met die Joneses – ons eie twee en die kinders s’n – saam met die stygende brandstofprys.

Dan is daar ons beleggings, verskeie pensioenfondse, soos ons elkeen ’n slag of twee van ...

Ons werk ons lewens lank hard. Ons leef uiteindelik gemaklik en ons lyk ryk, maar skielik wonder ons of ons gaan oorleef …

Almal wil ’n huisie by die see hê! Ons het uiteindelik een, saam met al die onderhoudskoste. Ons ruim woonhuis het saam met die gesin gegroei, so ook ons huisverband en munisipale koste. Ons motors het tred gehou met die Joneses – ons eie twee en die kinders s’n – saam met die stygende brandstofprys.

Dan is daar ons beleggings, verskeie pensioenfondse, soos ons elkeen ’n slag of twee van werkgewer en finansiële adviseur verander het. So ook ons aandeleportefeuljes, effektetrusts, ’n magdom polisse en annuïteite. Om van die bankrekeninge, spaarrekeninge, kredietkaarte en spesiale aanbiedinge oor die jare nie te praat nie!

Dit voel soos ’n doolhof. Dit ís ’n doolhof. Hoe maak ek sin van alles? Nie my bankbestuurder of ouditeur gee antwoorde op die vele fasette van hierdie verblindende diamant nie, of is dit ’n stuk steenkool?

Ons fokus so om suksesvol te wees met ons loopbane, om ons kliënte, pasiënte, klante en kinders te leer ken en gelukkig te maak dat ons van onsself vergeet. Hoe ouer ons word kom die woord “oud” en “aftree” en al die onbekendes daarvan al nader.

Beplan jou finansiële toekoms vandag! 

Kontak ons by krugerinternasionaal.co.za, [email protected] of 011 726 7700 sodat ons jou kan help om jou finansiële GPS posisie te bepaal en ‘n plan op te stel om jou finansiële en leefstyl doelwitte te behaal.

Ek ken die gevoel maar al te goed. Ek was ook daar …

Dit is asof die besef ’n mens hier êrens in jou veertigs, soms dalk later tref. Dis wanneer die gryse sestigs nader begin voel as die blinkoog twintigs. Dit voel vir jou asof jy nog nie genoeg bymekaar gemaak het nie en die tyd te min en die uitgawes te veel is om genoeg op te gaar.

My jare lange opleiding en ondervinding as ’n infanteris, ’n Comrades-hardloper en ’n aandele- en effekteportefeuljebestuurder op die JSE het my handig te pas gekom om ’n taktiese en strategiese langtermynoplossing vir hierdie probleem te kry.

Ek het besef dat as ek êrens onbekend in die donker in die veld agtergelaat word met ’n opdrag om na ’n spesifieke plek toe te gaan, dat ek nie sal weet watter rigting om te draf as ek nie eers my posisie bepaal het nie. Vandag gebruik ons ’n GPS daarvoor.

Ek het ook uit ondervinding geleer dat ek nie ’n bykans onmoontlike taak soos die 90 km Comrades-marathon sal kan aanpak as ek nie vooraf ’n oefenprogram opgestel het nie. Ek moes oor tyd elke dag kilometer per kilometer geoefen het om uiteindelik op een slag die 90 km- wedloop suksesvol binne die afsnytyd te voltooi.

Jy stel vir jouself ’n plan met ’n reeks korttermyndoelwitte op sodat jy uiteindelik ’n langtermyndoelwit suksesvol kan voltooi.

Só het ek vir my ’n finansiële GPS ontwikkel. Ek kon suksesvol vasstel waar ek was met my balansstaat en hoe ek ’n plan kon maak om by my doelwit uit te kom om uiteindelik sonder ’n maandelikse salaris uit die opbrengs van my balansstaat kon leef.

Deel die artikel

Méér artikels

Wanneer jy vlieg, gaan dit nie net oor die vliegtuig nie, maar oor wie agter die stuur sit. Net soos ’n goeie vlieënier jou veilig ...

As ’n sakevrou verstaan jy die belangrikheid van finansiële sekuriteit te midde van dinamiese uitdagings en geleenthede. Laat PSG Wealth jou help om slim besluite ...

Scroll to Top