Frank Rautenbach

FRANK RAUTENBACH – Vind ’n balans tussen seer en blydskap 

Akteur en motiveringspreker FRANK RAUTENBACH het geleer dat die lewe nie net goed of sleg is nie. Dit gaan oor balans vind tussen die pyn en vreugde. 

Nou weet ek dat... 

...mense gebore word en mense doodgaan. Dit is deel van die lewe, maar die dood is nie die einde van lewe nie. Terwyl ek hier is, moet ek die lewe voluit ervaar. 

My beste vertolkings ooit... 

...het ek gegee toe ek nie bang was vir my eie emosies nie, toe ek onbevrees my gevoelens gewys ...

Akteur en motiveringspreker FRANK RAUTENBACH het geleer dat die lewe nie net goed of sleg is nie. Dit gaan oor balans vind tussen die pyn en vreugde. 

Nou weet ek dat… 

…mense gebore word en mense doodgaan. Dit is deel van die lewe, maar die dood is nie die einde van lewe nie. Terwyl ek hier is, moet ek die lewe voluit ervaar. 

My beste vertolkings ooit… 

…het ek gegee toe ek nie bang was vir my eie emosies nie, toe ek onbevrees my gevoelens gewys het. Dit is in jou swakheid dat mense jou sterkte sien. 

Die lewe is nie net… 

… goed of sleg nie. Niks is net wit of swart nie. Positief of negatief nie. Dit gaan oor balans. Kan jy plek maak vir seer saam met blydskap? 

Soms het jy geen idee… 

…waarheen jy op pad is nie, maar dis ’n pad wat jy moet stap. Jy het nie ’n idee wat gaan gebeur nie, maar dis ook oukei. Daar is nie altyd antwoorde nie. 

Jy is baie beter… 

…as wat jy dink. Ja, daar is goed wat verkeerd is, maar daar is meer wat jy reg doen ook. Deur een klein veranderinkie kan jy ’n groot verbetering maak. 

Vryheid is wat jy… 

…kry wanneer jy die goed wat jou beheer, verloor. Eers dan kom jy agter dat jy daarsonder kan oorleef en kry jy ’n nuwe perspektief op alles wat vir jou belangrik was. 

Elke geleentheid wat jy kry… 

…is nie noodwendig die groot een nie. Moenie soveel energie aan elke kans wat opduik, bestee dat jy gedaan is teen die tyd dat die regte een opdaag nie. 

Almal het hartseer in… 

…hulle lewe al verskil dit heeltemal van mekaar. Die toets is hoe jy daardeur kom. Geen seer is verniet nie. Dis hoe jy sterk word en geloof in jouself kry. 

Deel die artikel

Méér artikels

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Dit lyk of geen uitdaging VANES-MARI DU TOIT bang maak nie. Of dit in die raadsaal van ’n korporatiewe maatskappy is of om ’n berg ...

Scroll to Top