Gebruik rou kakao vir gesondheid

Gebruik rou kakao vir gesondheid 

Rou kakao is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar. Dit gee die liggaam ’n hupstoot en stel goedvoelhormone vry. 

Cacao en cocoa … is albei van kakaobone afkomstig. Eersgenoemde is die rou, meer onverwerkte produk (ook bekend as rou sjokolade).

Rou kakao bevat 40 keer meer antioksidante as bloubessies, meer kalsium as wat jy uit suiwelprodukte sal kry en is ’n goeie bron van yster, sowel as magnesium. Verder kan dit help om die lewer te detoks en dien as ’n antidepressant.

Cacao is ideaal as ’n gesonde versnapering. Mense wat sensitief is vir stimulante moet egter nie groot hoeveelhede hiervan eet nie, want rou kakao kan jou hartklop versnel.

Resepte wat sjokolade-geure bevat is baie gewild. Daarom deel ek my sjokolade-resepte sodat jy steeds die lekkerte daarvan kan geniet sonder om ná die tyd sleg te voel.

Vir ontbyt is daar sjokolade-granola, sjokolade-pofrys, plaatkoekies en selfs ’n skommeldrankie (smoothie) met geroosterde patat en sjokolade. Vir die kuiertafel is daar ’n sjokolade-hoemoesresep wat saam met enige bros beskuitjies en/ of vrugte soos aarbeie, bloubessies en ander bessievrugte, piesang, neute ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Eiervrug is nie net ’n uitstekende bron van dieetvesel nie, dit is ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. Die sonderlinge pers vrug is ’n ...

Ons beplan gewoonlik ’n ete rondom die proteïen. Begin vir ’n verandering by die groente en besluit dan watter proteïen die beste daarmee saamgaan. Ontbyt, ...

Scroll to Top