
Hoe geboorteorde jou kinders se unieke eienskappe kan beïnvloed
- Oulike ma
- Ilze Ludick
Dit bly ’n raaisel hoekom kinders wat in dieselfde huis grootword, dikwels so baie verskil. Het dit dalk iets met die geboorteorde in die gesin te doen?
Geboorteorde en geslag speel ’n rol in elke gesin
Elke kind beleef die gesin op hulle eie manier, wat noodwendig ’n sekere invloed op hulle het. As ouers bewus is van die faktore wat ’n rol speel, kan hulle dit van die begin af reg bestuur.
Navorsers sê ouers gee seuns meer vryheid en minder takies, en kritiseer hulle minder as dogters. Pa’s is ook geneig om meer tyd saam met hulle seuns as hulle dogters deur te bring.
Geboorteorde het beslis ’n uitwerking op kinders, maar nie as daar net twee kinders is nie. Dit is wel sigbaar by groter gesinne, meestal omdat daar dan minder geld is om in die huishouding te bestee.
Enigste kinders is oor die algemeen meer prestasiebewus, konserwatief, uitgesproke en selfversekerd. Middelkinders is buigsame, diplomatiese vredemakers terwyl jongstes graag groot kanse waag. Hulle sal ook makliker gesag bevraagteken as die oueres.
Oudste kinders is gewoonlik ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Help jou kleuter, tiener en jong volwasse kind om haar karakter te ontwikkel sodat sy selfstandig kan wees en haar plek in die samelewing kan ...
Om vir jou kind ontwerpersklere te koop of die pennesakkie wat sy vergeet het, skool toe te vat, klink onskuldig. Maar onthou, bederf het gevolge… ...