Hoe om bekommernisse te hanteer en te oorkom

Hoe om bekommernisse te hanteer en te oorkom

Om jou te bekommer, is om angstig te voel. Bekommernisse is nie noodwendig in die werklikheid gegrond nie, maar eerder in jou waarneming en reaksie op wat jy as jou werklikheid beskou.

Is dit verkeerd om bekommerd te wees?

Wat sê die Bybel oor ons bekommernisse ...

As ek gaan lê, slaap ek goed; en ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my (Psalm 3:6).

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy ...

Om jou te bekommer, is om angstig te voel. Bekommernisse is nie noodwendig in die werklikheid gegrond nie, maar eerder in jou waarneming en reaksie op wat jy as jou werklikheid beskou.

Is dit verkeerd om bekommerd te wees?

Wat sê die Bybel oor ons bekommernisse …

As ek gaan lê, slaap ek goed; en ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my (Psalm 3:6).

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg (Psalm 37:5).

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Johannes14:27).

Is dit dan verkeerd om bekommerd te wees?

Mense vra hierdie vraag omdat dit voel asof die kerk ’n vinger in ’n gaatjie in die dyk van normale menslikheid probeer druk. Die wêreld ís deurmekaar. Oral breek daar dyke, maar die kerklidmaat word gedurig vermaan om in die wêreldvreemde staat van kommerloosheid te leef. Só voel mense …

Natuurlik dreun die diep waters agter die dyke. Maar as jy, as gelowige, gedurigdeur gebuk gaan onder kommer en kwelling, is jy tydelik of nou al geruime tyd uit kontak met die God wat ook aan normale mense in normale (dus: onseker, stormagtige, onvoorspelbare) omstandighede ’n diep en blywende vrede beloof. (Lees nou Jeremia 3:5-7 en Psalm 13:6.)

Wat is die dinge waaroor jy jouself bekommer?

Ons weet ons moet op God vertrou, maar dis makliker gesê as gedoen as jou liggaam terminaal siek is, as drank jou gesin se toekoms vernietig, as jou tienerdogter swanger is. Die ergste vorm van bekommernis, verterende en verlammende bekommernis, is doodsangs of wanhoop.

Tog is die ergste bekommernisse wat oor gelowiges se pad kom, steeds hanteerbaar. Waarom? Omdat die almagtige God vir ons is; omdat niks ons van die liefde van God kan skei nie (Romeine 8:31).

Nee, slegs hulle wat uit kontak met God is, ken ware bekommernis. Én selfs hulle kan na God toe teruggaan.

Praktiese maniere om jou bekommernis te hanteer

Hoe somber en getuienisloos is die lewe vol kommer! Om bevry te word van destruktiewe bekommernis, luister na die lesse in die Bybel.

  • Om te bid – al is die gebed ook vol onsuiwerhede soos in Psalm 13:2: Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? God vergeet ons nooit.
  • Om aan te hou bid: Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag … (Psalm 13:4).
  • Om aktief teen bekommernis te kies en goed vir jou liggaam te sorg. Lees Prediker 11:10.
  • Om nooit eens daaraan te dink om oneerlik te wees en só die voorbeeld van Isebel in 1 Konings 21:7 te volg nie.
  • Om gou en gelowig, selfs voor die uitkoms, vir God te dank (Filippense 4:5).
  • Moenie moed verloor en bang word wanneer daar gerugte rondgaan in die land nie (Jeremia 51:46).
  • Om die mag, almag en liefde van God te bely (Efesiërs 3:20, 21).
  • Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee (Matteus 6:33).
  • Om medegelowiges toe te laat om ons te help (Galasiërs 6:2).
  • Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het (Hebreërs 13:5).
  • Om aanpasbaar te wees, sonder snobisme, hardwerkend. Moenie dink die wêreld skuld jou iets nie (Filippense 4:10-13).
  • Julle moenie bang wees en skrik vir die dinge waarvoor hulle bang is nie. Julle moet die Here die Almagtige eer as die Heilige (Jesaja 8:12-13).

God is groter as jou bekommernisse en beproewings

Reël 1 in die hantering van bekommernis is: Wees eerlik. Wees eerlik met God oor wat jy beleef.

Maak Sy Woord oop en luister fyn.

Eerbied vir God is ontsag, gehoorsaamheid, aanbidding, verootmoediging en dankbaarheid omdat die grote God Hom op elke moontlike wyse oor stofmense ontferm.

Dank Hom vir geleenthede en toetse, bekommernisse en beproewings, vir die feit dat jy lewe, vir die sekerheid dat Hy alles weet en alles beheer.

Deel die artikel

Méér artikels

Wanneer jou gebede onbeantwoord bly, is dit maklik om mismoedig te voel. Leer hoe om onvervulde verwagtinge te hanteer en geloof te hê in God ...

Almal ken die gevoel: Vrees vir môre, vrees oor jou geldsake of jou veiligheid. Mense bekommer hulle siek! Gelukkig kan jy ophou stres en vry ...

Scroll to Top