Om welvaart oor tyd te bou, moet mens die eksponensiële beleggingsgroei funksie in wiskunde verstaan en dit toepas. Dit is Kruger Internasionaal se spesialiteit en wat ons reeds vir langer as 35 jaar deur middel van ons kundige span wiskundiges vir onsself en ons kliënte doen. Kundigheid verskaf ons, maar die ander sleutel, nl. tyd en geduld word deur die belegger verskaf.
Die funksie van eksponensiële groei beteken dat hoe groter iets word hoe vinniger groei dit. Ek noem dit die hoender/eier/kuiken/hoender funksie. ’n Hoender lê ’n eier, broei die eier uit en nou is die eier ’n kuiken wat na ’n ruk ’n hoender word… Nou het jy twee hoenders wat albei eiers lê wat uitbroei en jou aantal hoenders dus vermenigvuldig.
Daarteenoor het jy die liniêre funksie, waar jy die een hoender het wat teoreties daagliks ’n eier lê en jy eet of verkoop die eier. Eksponensiële groei is vermenigvuldiging terwyl liniêre groei ’n optelsom is …
Einstein het dit die agste wonder van die wêreld genoem. Maar min mense pas dit toe, want min mense het die kennis, geduld en tyd.
Ons jou kan help om jou welvaart eksponensieel te groei
Kontak ons by www.krugerinternasionaal.co.za , 0117267700 en [email protected] sodat ons jou kan help om jou welvaart eksponensieel te groei.
Dit is die saamgestelde groei van klein bedrae wat uiteindelik tot reuse bedrae groei omdat elke klein bedrag self ook op sy eie vermenigvuldig. Jou belegging groei opsigself, maar verdien ook rente op rente en intussen voeg jy nog meer geld op ’n deurlopende basis by wat ook groei en begin vermenigvuldig. Dit verg geduld en selfdissipline om nie te onttrek en te spandeer nie.
Tyd en geduld is van ’n mens se grootste bates, nie noodwendig ’n groot salaris wat jy op jou hartsbegeertes blaas sodra jy dit ontvang nie. Welvarendes benadruk dit dat mens so vroeg as moontlik hiermee moet begin, al is dit met klein bedrae. Trouens hoe vroeër jy begin, hoe groter is jou voorsprong op iemand wat later met groter bedrae as jy begin. Iemand wat later begin het die eerste busse gemis en kom eers halftyd by die wedstryd uit.
Skuld het natuurlik presies die teenoorgestelde uitwerking. Dit is om die vermenigvuldigingsom agterstevoor toe te pas en op daardie manier jou welvaart in trurat te laat beweeg. Jy beweeg met ander woorde agteruit, nie vorentoe nie. Rente wat jy betaal is soos ’n kanker wat jou welvaart opvreet, teenoor die groeiende rente wat rente op rente vermenigvuldigend verdien as jy nie skuld het nie, maar hierdie abstrakte wiskundige konsep vir jou in die praktyk laat werk.
Welvaartskepping deur eksponensiële groei verduidelik ook die welvaartgaping wat die groeiende verskil tussen ryk en arm is. Baie mense wat uit ryk agtergronde kom val in die slaggat om dit agterstevoor aan te wend en agteruit te boer terwyl miljoene mense ontsnap uit armoede omdat hulle hierdie agste wonder van die wêreld in hul lewens toepas.
Kontak ons by www.krugerinternasionaal.co.za , 0117267700 en [email protected] sodat ons jou kan help om jou welvaart eksponensieel te groei.