Serahni Symington

Hoe om…‘n Gesonde, gelukkige gesin te skep

Spelterapeut en ouerskapkenner SERAHNI SYMINGTON leer jou die geheime vir ’n gesonde, gelukkige gesin, met minder stres!

Gesinne is belangrik in ons vorming en ontwikkeling

Gesonde lewensbeginsels vir gesonde gesinne – minder stres, angs en druk. Klink dit nie lekker nie? Kan jy dit deur die struktuur van jou gesin vir jou kinders se sosiale en emosionele welstand vir die res van hulle lewens waarborg?

’n Gesin is iets baie persoonliks. Dit is iets wat ons elkeen vir onsself kan definieer as belangrik in ons sosiale omgewing. ...

Spelterapeut en ouerskapkenner SERAHNI SYMINGTON leer jou die geheime vir ’n gesonde, gelukkige gesin, met minder stres!

Gesinne is belangrik in ons vorming en ontwikkeling

Gesonde lewensbeginsels vir gesonde gesinne – minder stres, angs en druk. Klink dit nie lekker nie? Kan jy dit deur die struktuur van jou gesin vir jou kinders se sosiale en emosionele welstand vir die res van hulle lewens waarborg?

’n Gesin is iets baie persoonliks. Dit is iets wat ons elkeen vir onsself kan definieer as belangrik in ons sosiale omgewing. Ons is tog nie geïsoleerde mense wat net alleen deur die lewe gaan nie.

Ons omring ons met ander. En die eerste groepering van mense met wie jy jouself omring, is tog jou gesin.

Dit is baie belangrik vir ons om te verstaan dat ons binne gesinne ’n groot verantwoordelikheid het om mekaar se ontwikkeling voorop te stel.

’n Gesin is kardinaal in ons ontwikkeling en die vorming van gesonde gewoontes as grootmense.

Daar is so baie teorieë wat gefokus is om die konsep van ’n gesin te probeer verduidelik. Dit te probeer verstaan.

Gesinwees help ons suksesvol funksioneer

Daar is baie sielkundige raamwerke wat verduidelik hoe verhoudings in die vroeë kinderjare binne die gesin vorm. Hoe dit eintlik ons hele sosiale en emosionele ontwikkeling affekteer. Tot so ’n mate dat dit ons maak wie ons is wanneer ons grootmense is.

Dit wat ek vir my kind bied binne my gesin terwyl hy of sy grootword, bepaal sy sosiale en emosionele welstand vir die res van sy lewe!

Bowlby se bindingsteorie leer ons dat die basiese ontwikkeling van die eerste drie jaar van ’n kind se lewe verband hou met ’n persoon in jou lewe. Jou veiligheid, jou spraak, jou kruip en loop, al jou ontwikkelingskurwe is beïnvloed deur die sisteem waarin jy was, of is.

Wanneer kinders in daardie tydperk goeie bindings vorm met ouers – en ander rolspelers soos onderwysers, oumas en oupas, tannies en ooms, en maats – en dan is daar ’n gevoel van geborgenheid.

Geborgenheid is so ’n lekker woord. Dis meer as liefde. Dis ’n veilige liefde.

Wanneer ons geborge binding het, sien ons dat kinders in later jare beter verhoudings vorm; beter oor hulleself voel; en oor die algemeen meer suksesvol is in lewenstake.

Bronfenbrenner het gesê ons is ’n mens op ons eie, so half in ons eie sirkeltjie. My gedagtes. My drome. My persoonlikheid. Wie ek is in my mikro-sisteem.

Daardie mikro-sisteem word omring deur ’n klomp ander sirkels. Die eerste sisteem wat rondom jou middelpunt vorm, is jou nabye verhoudings. Dit is die gesinsaspek.

As my gesin nie daar is vir my nie, sukkel ek om in die skool, wat ’n groter sisteem is, te funksioneer. Of eendag by ’n werk. Of om selfs as ’n goeie en suksesvolle landsburger te funksioneer.

Deel die artikel

Méér artikels

100% kollageen verrykte maaltydvervanger Dié proteïen dieetskommel bevat ’n kombinasie van melkproteïen, kalsiumkaseïen, 100% suiwer gehidroliseerde kollageen, noodsaaklike aminosure, glutamien, pre- en probiotika, garcinia cambogia, ...

Koffie in ’n kits ’n Koppie VETVERBRANDENDE KOFFIE wat meer as net kaffeïen bevat, kan vir seker help om die ongewenste sentimeters om jou middel ...

Scroll to Top