Hy bly groot in siekte en vreugde

Hy bly groot in siekte en vreugde 

Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof. (Jeremia 17:14) 

Sy het soos ’n skaduweetjie in die dubbelbed gelê – fyn, beeldskoon, wasbleek, swak. ’n Effense glimlag wanneer ek verby die kamer gestap het om my skooltas te gaan neersit. Dan het ek saggies op die bed by haar gaan sit. Sy het net vir my gekyk.

Mamma is gediagnoseer met tuberkulose in gevorderde stadium. Pappa het later jare vertel hoe hy by die ...

Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof. (Jeremia 17:14) 

Sy het soos ’n skaduweetjie in die dubbelbed gelê – fyn, beeldskoon, wasbleek, swak. ’n Effense glimlag wanneer ek verby die kamer gestap het om my skooltas te gaan neersit. Dan het ek saggies op die bed by haar gaan sit. Sy het net vir my gekyk.

Mamma is gediagnoseer met tuberkulose in gevorderde stadium. Pappa het later jare vertel hoe hy by die bed se voetenent gelê en pleit het by God dat Hy haar lewe sal red. Hy het nie kans gesien om ons alleen groot te maak nie. Sy was so swak dat hy haar met groot deernis telkens na die badkamer moes dra.

Ek was die middag nie daar nie, kan nie eens meer onthou nie, maar Pappa het vertel dat hy die aand by die huis gekom en iemand by Mamma se naaimasjien hoor werk het. Hy stap toe in die gang af terwyl die reuk van kos uit die kombuis aangesweef kom, tot in die kamer waar hy haar agter die naaimasjien aantref. Hy kon sy oё nie glo nie. Daar sit die vrou wat twee dae gelede amper sterwend was, agter die naaimasjien. Die heerlike aromas uit die kombuis is haar handewerk.

Twee dae later kom hy by die huis aan ná werk en sien hoe die vensters blinkskoon gewas is. Skielik was God se grootheid meer sigbaar as ooit. Hy was ’n God wat genees. Later jare het Mamma kanker gekry en die keer was dit anders. Sy het wel gesterf aan kanker. Haar getuienis uit die jare van pyn en swaarkry leef vandag steeds voort om ongeag, te midde van swaarkry en stryd, uit te roep: God is steeds groot, ongeag!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top