![Jannie Putter [oudio+video]](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Jannie_Mentor_Oudio_Video-1024x536.webp)
Jy word wat jy praat
- Self MENTOR
- Jannie Putter
Jý is verantwoordelik vir jou eie geluk. Mense kan jou inspireer, maar slegs jy kan jouself motiveer. Vermy daarom diegene wat jou gedagtewêreld kan vergiftig!
Dit waaroor jy praat en dink, dit word jy
Al hoe meer ouers bring hulle tieners na my toe vir raad en hulp, want hierdie mense het hoop verloor.
Hulle voel depressief. Daar hang ’n kleed van swaarmoedigheid om hulle. Die realiteite van die lewe word te veel en hulle raak wanhopig.
Dis hartseer maar waar – talle mense is net vir kort rukkies en spesifieke oomblikke gelukkig, en nog meer mense het eers ’n drankie nodig voordat daardie “gelukkigheid” na die oppervlak kom.
Baie grappe word gemaak oor ons land se toekoms, ons sportsterre, ons leiers en al die probleme van die lewe, maar niks van hierdie praatjies verhelder en verlig ons toekoms nie. Dit spreek eerder van duisternis, al word dit grappenderwys bedoel.
’n Navorsingsprojek het gewys dat dit waarop jy jou gedagtes fokus, ’n dramatiese uitwerking op jou doelgerigtheid en sukses het. ’n Groep van 100 mense is in twee ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Lag is die beste medisyne! Ontdek hoe humor jou gesondheid en geluk kan bevorder. Lag vandag jou pad na ’n gesonder en gelukkiger jy. Die ...
Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...