Lynette Beer [oudio+video]

Leer mooier met jouself praat

Daar is 7,5 miljard mense op aarde, tog praat ’n mens die meeste met jouself. Die meerderheid mense doen dit deur hulle gedagtes. Dit word selfspraak genoem.

Die fout wat ons maak, is om te dink dat dié pratery nie ernstig of nadelig is nie. Daardie onophoudelike, soms negatiewe, kommentaar waarmee jy jouself soms onbewustelik kapittel.

Jy ken mos die een met wie jy gesels, of so dink jy. Daarom oordink en oorweeg jy nie dit wat jy vir jouself sê eers versigtig nie. Jy vergeet dat die gedagtes in jou kop nesmaak en jou beheersentrum – jou brein – oorneem.

Ons moet leer om ontsag te hê vir ons denke, want woorde – selfs die ongesegdes – het mag oor ons.

Maar ons kan ook met taal toor. Wanneer jy woorde omrol en oordink, kan jy hulle mag breek of vir hulle nuwe energie gee. Kyk byvoorbeeld wat gebeur as jy “sal”, “ek”, en “kan” rondskommel. Dit verander na: “ek sal kan”, of “ek kan, ek sal”.

As jy die letters S-T-R-E-S onder mekaar skryf, soos in ’n blokkiesraaisel, kan die afsonderlike ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Hoe getrouer jy aan jouself leef, hoe gelukkiger sal jy wees. Dit beteken om eerlik te wees oor jou sterk en swak punte. Wees trots ...

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … Om ’n huis te koop of ...

Scroll to Top