Lynette Beer

Lynette Beer – Geld koop nie geluk nie

Talle mense gaan gebuk onder ’n mentaliteit van armoede en skaarsheid. Die realiteit is egter dat ’n mens met so ’n lewensbeskouing nooit genoeg geld, geleenthede of materiële dinge sal hê nie. Dit is daarom belangrik dat ons ons uitkyk moet verander na een van genoeg en meer as genoeg.

Die mens is bedoel om ’n lewe van oorvloed te geniet. Waaraan meet jy hierdie seëninge? Die wêreld beskou welvaart as geld – eiendom en ’n stewige bankbalans.

Wanneer jy rykdom egter in ander terme benader, sal jy sien dat mense wat arm aan besittings mag wees, geestelik skatryk is. En dat sommige wat materieel welgesteld is, geestelik bankrot is.

Hulle bestee soveel tyd daaraan om geld, plesier en mag na te jaag dat hulle die ware kennis, geluk en passie misloop.

Daar is ook talle mense wat wag dat hulle omstandighede verander voordat hulle gelukkig gaan wees. Deur jou uiterlike situasie te verbeter mag dit dalk lyk of dit voor die wind gaan, maar daar is geen manier dat ’n mens blywende en innerlike genoegdoening en vrede kan hê deur slegs aardse goed te besit ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Hoe getrouer jy aan jouself leef, hoe gelukkiger sal jy wees. Dit beteken om eerlik te wees oor jou sterk en swak punte. Wees trots ...

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … Om ’n huis te koop of ...

Scroll to Top