Klein gebare bou drome, verander lewens en skep toekoms

Klein gebare bou drome, verander lewens en skep toekoms 

Klein gebare het die vermoë om groot verskille te maak. ’n Eenvoudige aankoop, ’n geskenkte item of ’n daad van hoop kan drome bewaarheid, lewens verander en ’n nuwe toekoms vir ander moontlik maak. 

Klein aankoop wek herinneringe en bou ’n nuwe toekoms 

Tannie Elsa, ’n afgetrede onderwyseres met ’n sagte hart en ’n liefde vir herwinning, besluit sy wil haar kombuis bietjie opknap. Die rak bo die oond het onlangs begin skeef hang, en sy soek iets eenvoudig – iets wat netjies en funksioneel is, maar nie haar pensioen ...

Klein gebare het die vermoë om groot verskille te maak. ’n Eenvoudige aankoop, ’n geskenkte item of ’n daad van hoop kan drome bewaarheid, lewens verander en ’n nuwe toekoms vir ander moontlik maak. 

Klein aankoop wek herinneringe en bou ’n nuwe toekoms 

Tannie Elsa, ’n afgetrede onderwyseres met ’n sagte hart en ’n liefde vir herwinning, besluit sy wil haar kombuis bietjie opknap. Die rak bo die oond het onlangs begin skeef hang, en sy soek iets eenvoudig – iets wat netjies en funksioneel is, maar nie haar pensioen sak sal ruk nie. 

Sy het al voorheen van die Ons Winkel in haar dorp gehoor en geluister hoe mense in haar brei klub praat van die skenkings winkel van Solidariteit Helpende Hand waar jy tweedehandse skatte teen sakpaspryse kan kry en sy besluit om te gaan inloer. Toe sy by die winkel instap, is sy dadelik verwelkom met warm groete van die personeel in Afrikaans en sy die oral netjies gepak klere, boeke en meubels wat op hul nuwe eienaars wag. 

Maar dit was nie ’n rak wat haar aandag getrek het nie. In ’n hoek van die winkel, halfpad onder ’n kombers van tweedehandse boeke, het sy ’n klein, houtlessenaartjie opgemerk – geskraap en geteken met potlood merke van kinderhande. Sy kon sien dat hierdie lessenaar al sy doel gedien het in baie gesinne se lewens en sy wonder by haarself hoeveel kinders al gesit en studeer het of gewerk het aan hulle geskiedenis take by hierdie lessenaar. Sy het stilweg daar gestaan, met haar hand op die ruwe oppervlak, en in haar hart het die herinneringe begin lewe kry – haar klaslokaal, die geur van bordkryt, die stemmetjies van leerders wat leer lees. Sy het gestaan en terug gedink aan die ou dae wat sy self klas aangebied het en hoe baie sy dit geniet het.  

“Hierdie een het stories,” het sy gesê. “Ek kan dit voel.” 

Sy het nie lank gevat om haar besluit te neem nie. Die rak vir die kombuis moes wag. Die lessenaartjie het saam met haar huis toe gegaan. 

Wat Tannie Elsa egter nooit geweet het nie of altans  nie toe sy betaal het nie, en ook nie toe sy die lessenaar met liefde skoongevee en in haar sonkamer geplaas het nie. Was dat daardie eenvoudige aankoop méér as net ’n nostalgiese oomblik vir haar sou wees. Dit sou ’n toekoms oopmaak vir iemand anders. 

Net ’n paar strate verder van Tannie Elsa se huis, woon Liam, ’n stil, vasberade jong man met ’n droom om onderwyser te word. Hy het al van kleintyd af geweet dat hy eendag in die klaskamer wil wees – nie as leerling nie, maar as mentor, as inspirasie en as meneer wat ander help.  

Skenkings verander lewens, maak drome waar en bou toekoms 

Maar die realiteit van sy omstandighede het swaar op hom begin druk. Sy ouers het albei hul werk verloor, en Liam moes werk om sy familie aan die gang te hou. Geld om universiteit toe te gaan was daar glad nie en so ook het sy droom al meer vervaag om eendag ’n onderwyser te word.  

Toe kom die dag wat Solidariteit Helpende Hand, met fondse afkomstig uit verkope van Ons Winkel, vir hom hoop bring. Hy is gekontak en meegedeel dat hy ’n gedeeltelike studiefonds ontvang.  

“Ek het gedink ek sal nooit die kans kry nie. Ek het al begin opgee.” 

Wat hy nie geweet het nie, is dat ’n deel van daardie fondse direk gekom het van ’n aankoop wat Tannie Elsa gemaak het – ’n klein lessenaartjie wat sy gekoop het sonder om te weet hoe diep die impak daarvan sou reik. 

Tannie Elsa en Liam het mekaar nie geken nie maar daar was so groot konneksie aan die twee met slegs die onthou van ’n droom wat eens was en toe ’n droom wat waar geword het.  

Wie sou kon raai dat die aankoop van ’n lessenaar deel sou vorm van genoegsame fondse om ’n kind se drome te bewaarheid?  

Tannie Elsa se storie is nie uniek nie – dit is deel van honderde sulke stories wat daagliks moontlik gemaak word deur Ons Winkel. Elke geskenkte item, elke aankoop, bou ’n brug tussen mense wat het en mense wat nodig het – tussen die verlede en ’n blink toekoms. 

So volgende keer as jy wonder of daardie ou tafel of jas regtig nog waarde het, onthou: Jy skenk nie net ’n item nie. Jy skenk moontlik vir iemand ’n kans. ’n Kans soos Liam s’n. En miskien, net miskien, raak dit weer iemand soos Tannie Elsa se hart ook. 

Dis nie net ’n item nie. Dis ’n storie. Dis ’n toekoms. Dis Ons Winkel. 

Ek is seker dat as Tannie Elsa geweet het dat haar aankoop só ’n verskil sou maak, dat sy al lankal na haar brei klub vriendinne sou luister en die Ons Winkel al vroeër besoek het.  

Skenk, koop, deel – bou saam ’n toekoms vol hoop

Wat kan jy doen? 

  • Skenk: Daardie ekstra stoele in die motorhuis, die klere wat jy al jare nie gedra het nie, enige item, gee dit vir ’n beter doel. 
  • Koop: Op soek na iets uniek, bekostigbaar en van goeie gehalte? Ons Winkel is propvol verrassings. 
  • Deel: Vertel ander van Ons Winkel. Jou storie kan iemand anders inspireer om ook ’n verskil te maak. 

In 2025 is Ons Winkel besig om ongelooflik te groei, en ons glo dit is net die begin. Hoe meer winkels, hoe meer hulp, hoe groter impak. 

In ’n wêreld waar alles teen ’n vinnige spoed verander en waar mense daagliks worstel om kop bo water te hou, is daar plekke wat hoop bring. Plekke waar eenvoudige gebare ’n groot impak maak. Een van daardie plekke is Ons Winkel, die skenkings winkel van Solidariteit Helpende Hand. Met bykans 127 winkels landswyd, is Ons Winkel besig om ’n verskil te maak – een tweedehandse item op ’n slag. 

Hier kan jy jou oortollige meubels, kombuisware, linne en klere skenk. Wat vir jou dalk net ’n ou jas of stoel is, word hier omskep in hoop en nuwe geleenthede vir ander. Hierdie winkels verkoop goeie kwaliteit tweedehandse items teen bekostigbare pryse en daarmee word volhoubare besighede opgebou wat regstreeks bydra tot maatskaplike ontwikkeling. 

Maar Ons Winkel is meer as net ’n plek om te koop of te skenk. Dit is ’n beweging—’n gemeenskaplike poging om werklik ’n verskil te maak.  

“Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.” 

’n Winkel vol stories: Van skenking tot studiefonds 

Elke item wat geskenk word, begin ’n nuwe verhaal. Uit die wins van die verkope bied Helpende Hand nie net maatskaplike hulp en werkgeleenthede nie, maar ook studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar nie die middele het nie. Só word elke ou trui, elke gebruikte ketel, ’n belegging in iemand se toekoms. 

Jy kan ’n lewe verander!
Skenk, koop of deel by Ons Winkel en help bou aan drome, verander lewens en skep ’n blink toekoms vir ons jongmense besoek www.onswinkel.co.za

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Toegang tot tersiêre studie bied jongmense die geleentheid om hul drome te verwesenlik, armoede te ontsnap en ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing te lewer. ...

Geïnspireer deur roeping en gewortel in geloof, leer versorgers by die Helpende Hand se Opleidingsinstituut nie net vaardighede nie, maar hoe om ware verskilmakers in ...

Scroll to Top