THRESHHold Real MSM is ’n natuurlike aanvulling wat help om gewrigspyn en inflammasie te verlig. Dit verhoog swaelvlakke, ondersteun herstel ná oefening en hou ook jou vel jonk en gesond.
Proteïen vir die welstand van jou vel en gewrigte
Kollageen is ’n noodsaaklike proteïen wat die primêre strukturele komponent in verskeie bindweefsels van die liggaam is.
Dit maak ongeveer 25% tot 35% van die proteïeninhoud in soogdiere uit en is dus volop in die menslike liggaam.
Kollageen kom hoofsaaklik in die vel, bene, senings, ligamente en kraakbeen voor, waar dit krag en elastisiteit verskaf.
Dit verskaf ook strukturele ondersteuning wat die vel en bindweefsels stewig en veerkragtig hou.
Dit help om die integriteit van kraakbeen te behou, wat gewrigte beskerm en pyn voorkom en bevorder velhidrasie en elastisiteit, wat help om plooie en verlies aan fermheid te voorkom.
Dit speel ook ’n belangrike rol in wondgenesing deur weefselherstel te ondersteun en die herstelproses te versnel.
Belê in gesonde gewrigte
Lees meer oor THRESHHold se reeks uitstekende produkte! Wanneer jy op die Living Naturally-webwerf bestel, is die afleweringsfooi R30. As jy drie of meer produkte koop, is aflewering GRATIS.

’n Belangrike bousteen vir minder plooie en meer buigsaamheid
MSM is ’n natuurlike vorm van swael wat noodsaaklik is vir verskeie liggaamsfunksies. Dit kom regdeur die liggaam, veral in bindweefsel, voor. ’n Mens sal dit ook in sekere kosse soos vars groente, vleis en suiwelprodukte vind.
MSM word dikwels as ’n aanvulling gebruik om inflammasie te verminder, gewrigspyn te verlig en velgesondheid te verbeter.
Om nuwe kollageenvesels te vorm, benodig die liggaam swael om aminosure en peptied-boublokke van kollageen te bind, net soos sement bakstene tydens ’n bouprojek bymekaar hou.
Die kombinasie van MSM met kollageenaanvullings kan doeltreffendheid verhoog en voordelig wees.
Navorsing toon dat hierdie kombinasie – in vergelyking met kollageen op sy eie – verbeterings in veltekstuur en hidrasie bied, asook plooie verminder.
Speel klaar met gewrigspyn en seer spiere
Seer spiere en gewrigspyn keer jou om voluit te leef.
THRESHHold Real MSM bevat 1 000 mg OptiMSM® per tablet en bied kragtige anti-inflammatoriese eienskappe.
Dit help om pyn, swelling, rooiheid, inflammasie en beperkte beweeglikheid in gewrigte tydelik te verlig, veral vir mense met artritis.
THRESHHold Real MSM ondersteun herstel ná oefening deur seer spiere en gewrigspyn te verminder.
Deur hierdie aanvulling te gebruik, vul jy jou liggaam se swaelvlakke aan, wat dikwels in moderne diëte tekortskiet.
Die 99.9% suiwer, vier keer gedistilleerde OptiMSM® in THRESHHold Real MSM verseker maksimum voordele vir mense wat hulle gewrigsgesondheid, veltekstuur en algemene welstand wil verbeter.