Leer jou kind om groepsdruk hanteer
- Oulike ma
- Verwerk deur: Ilze Ludick
As jou kind voel dat sy êrens behoort, sal die groep nie sommer ’n negatiewe effek hê nie. Maak seker dat sy tuis gekoester voel.
Watter ma sou nie graag haar kroos onder haar vlerk wou hou nie? Ongelukkig moet hulle noodgedwonge die wye wêreld in.
Die beste ding wat jy kan doen, is om hom of haar vroeg-vroeg te leer om hulle man (of vrou) te kan staan.
Kenners sal saamstem dat kinders tussen 9 en 19 daarna smag om te behoort. As dit nie in hulle eie huise gebeur nie, word aanvaarding op ander plekke gesoek.
Dit maak nie saak watter soort druk uitgeoefen word nie, hulle kán sterk genoeg wees met die regte aansporing en selfkennis.
Beklemtoon elke kind se eie, unieke identiteit
Dit is belangrik om van kleins af ’n sterk identiteit te ontwikkel. Een manier is om elkeen, veral terwyl hulle klein is, ’n plakkaat oor hom-of haarself te laat maak: “Ek is ...; ek hou van ...; ek voel hartseer as ...; ek is opgewonde as ...”
Hang die ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...
Daar is baie opinies oor kinders grootmaak; tog bly sekere basiese dinge belangrik. Gebruik reëls, roetine en rituele vir ’n gelukkige, gehoorsame kind. Duidelike reëls ...