Wolkskool help mammas om hul kinders selfstandig groot te maak met slim hulpmiddels wat leer maklik en lekker maak. Bou jou kind se vaardighede en selfvertroue, sonder om alles self te probeer doen.
As jy alles self wil doen, leer niemand iets nie
Van ontbyt tot huiswerk, klere regpak, emosionele ondersteuning, hulp met take en projekte, tot selfs ’n vinnige les oor breuke voor slaaptyd … Dis maklik om as ’n mamma te dink “as ek dit nie doen nie, wie gaan?”.
Maar wat as ons sê: Jy hóéf nie alles te doen nie. Om te delegeer beteken nie jy gee op nie, dit beteken jy bou vaardighede.
Dit is altyd lekker om te voel jy is nodig. Die vraag wat jy jouself dan moet vra, is hoe gaan hulle leer indien hulle nie self foute maak of self probeer nie?
Dink hoe lekker die gevoel van trots vir julle albei kan wees wanneer hulle dit self regkry. Jy help dus meer deur hulle dit self te laat doen.
Bou vandag reeds hul toekoms.
Belê in Wolkskool om jou kind te leer om selfstandig te wees en self te presteer. Sluit vandag nog aan!
Selfstandigheid en ’n goeie, gesonde selfbeeld loop hand aan hand
Elke keer wanneer ’n kind iets regkry, verbeter hul selfvertroue – en met elke bietjie selfvertroue word hul selfbeeld net beter.
Selfstandigheid begin by klein takies wat kinders self kan aanpak.
Wanneer jy vir hulle ruimte gee om dinge op hul eie te doen, besef hulle ook hoeveel jy elke dag vir hulle doen. Laat hulle byvoorbeeld hul eie skooltas pak, selfs al beteken dit dat hulle soms iets vergeet.
Gee vir hulle ’n eenvoudige weekbeplanner om in te vul, of laat hulle hul eie kosblik pak deur ’n keuse te maak uit die opsies wat jy gee.
Jy hoef jou nie te onttrek nie; wees net in die agtergrond terwyl hulle self begin leer. Só bou jy selfvertroue, verantwoordelikheid én ’n sterker band tussen julle.
Span Wolkskool in vir leer, hersiening en voorbereiding vir die eksamen
Saam met selfstandige leer of hersien, kan jy hulle ook laat voorbereiding doen vir die volgende konsep. Dit gaan hulle daardie ekstra selfvertroue in die klas gee, wanneer hulle reeds verstaan of ’n idee het wat die juffrou behandel.
Hulle stap dus nie in met onsekerheid of vrees vir die klas nie, maar hulle kan gewapen met vrae oor die konsep die klaskamer betree.
Met Wolkskool kan jy op jouself fokus terwyl hulle self hersiening of voorbereiding doen. Jy kan hulle by jou in die kombuis laat sit terwyl jy kos maak of miskien in die kar op pad êrens heen.